Hierdie is my eerste poging om te blog, al staan ek nou al ‘n ruk hier by die kombuisdeur en loer, amper soos die Little Match Girl. maar toe besluit ek om maar ‘n stoel nader te sleep en ook ‘n kleim hier te kom afsteek. Ek het gemerk dat baie bloggers wegspring met ‘n verklaring van voorneme, hoekom blog. Ek wil in my blogs die alledaagse dinge wat oor my pad kom of waaroor ek dink en mymer of de moer in raak hier plaas, as iemand kommentaar lewer, gaaf, as niemand iets kwytraak nie, wel ek is seker die ego sal ietwat afgepie wees. Maar laat dit dan so wees. Sal ook lekker wees om kommentaar op ander se inskrywings te plaas.
Ek het my ikon/avatar voorlopig so gekies dat, indien ek aanjaag, verligting byderhand is.
Nou ja, let’s go for it. Ek sal so oor die naweek iets plaas wat meer om die lyf het, op die oomblik swymel ek in die teenwoordigheid van groot bloggers.
Groot bloggers..of groot boggers ?
ek het ook ‘n oom lewies gehad wat so met die oop kakhuis deur gesit en bevele roep het voor ontbyt , maar jy lyk immers vriendelikker. welkom
Hoesit:)
Hoesit met jou Lewies,was ook ‘n Potchefstromer tot 8 maande terug, welkom hier.
Welkom. Dis alte lekker hier.
ja lewies – jy is in die teenwoordigheid van Pruim en reptieltong – ek is bly jy sê nie afgepis nie – so lelike woord as mens dit op skrif sien – welkom – en om kommentaar te lewer is die lekkerste!!
Dankie, 1andonly
Thanks Lulu, ek het al daar by jou ingeloer en laaik jou blog
Ant Sussa weet darem nie van jou prentjie nie…
Haai Ant Sussa, ampertjies maak Ant Sussa my verleë-ek sit maar net daar en mymer, kan mos nie twee dinge gelyk doen nie.
Dagsê swaer… ek sien jy het toe lekker aangehou. Ek gaan so nou en dan ‘n draai hier loop om te sien how die lewe daar by jou draai! 😉
Haai AJ (ek vat ‘n raai!) dankie dat jy hier lees, ek is skoon verbaas dat iemand so ver teruggaan in my skryfsels. Dalj sal hierdie jou interesseer: https://pasella2013pasella.wordpress.com/2010/09/04/lewies-pamela-antie-bybie-en-chick-norris/
en
https://pasella2013pasella.wordpress.com/2011/06/09/oor-n-ligte-mistykie-en-n-stootjie-op-n-saterdagmiddag/
Dankie vir jou ander kommentare!