Die eerste dag (en tweede probeerslag)

Ek het so pas ‘n redelike lang blog getik, en heeltemal deur die blare klik ek Back en daar verdwyn my poging die kuberruim in. Nou ja, so leer dom mense, deur skade en skande. Daai verdwene blog was om dankie te sê aan almal wat my hier verwelkom het, so ek doen dit weer: Dankie! Lyk my ek het so ‘n ligte protokol mistykie gepleeg deur dankie te gaan sê op die ander blogger, wat my verwelkom het, se werf. As mens nou na my kommentare kyk lyk dit of ek stuck up is en nie reageer nie–nie so nie. Dit was ‘n mistykie aan my kant, darem nou nie so erg dat ek die ketel moet flush nie.

Voor vanmiddag se Curriebeker games moet ek eers my lojaliteit openbaar–Cheetah fan van voor die uitbreek van die runderpes, voor die Sandrivier Konvensie, voor die eerste Ka..,’skies, inboorlingoorlog, ja, amper van voor die Skepping af (dis nou as jy ‘n Kreasionis is).  Saam het ek met die Vrystaat geval en opgestaan en geval en geval en geval en weer opgestaan. Daai keer toe Wouter Hugo die Curriebeker die eerste keer omhoog gehou het, was vir my meer betekenisvol as my ontvangenis en geboorte. Ek onthou in elk geval niks van laasgenoemde. Die kanse dat die Cheetahs die Blou Bulle vanmiddag klop, is nie baie goed nie–maar die Cheetah span is soos ‘n gebruikte kondoom–jy fok nie rond met hom nie. As die Cheetahs vanmiddag wen beskyt ek myself so bietjies-bietjies, as hulle verloor snuif ek Spray’n Cook of Doom of gorrel met Brasso.

In die verte hoor ek my genoot in eg roep –wil seker weer ‘n mens maak van my: “Dink jy nie ‘n mens moet hierdie kamer pienk verf nie, dink jy nie ‘n mens moet hier tien sus en so struike plant nie?” Dit nadat ‘n mens eers ‘n moers groot boom moet tem en dan nog tien reuse gate moet grou want ” daai gawe jong outjie by die kwekery het gesê die gate moet lekker GROOT wees” Eerste keer dat ek sien mens plant iets lewendig in ‘n graf. So laat ek maar gaan kyk wat nou weer.

Ciao

9 thoughts on “Die eerste dag (en tweede probeerslag)”

  1. ek is jammer vir julle cheetahs, maar hoop dat ons op julle ondersteuning kan reken die 25e. as dit nie gou reen nie gaan alles wat ons in die grafte geplant het in elkgeval vrek

  2. hallo Heros, nee, gelukkig vir die menslike spesie is my koddighede tot my eie DNS beperk, dis nie geneties nie. Dankie vir jou kommentaar.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s