Piep en poliep

 Was gister by die dokter vir ‘n middelvinger-ondersoek–mens sou nie sê daai klein mannetjie het so ‘n dik vinger nie. Die keer is daar egter geen thumbs up nie, hy sê hy voel ‘n poliep, so nou moet die hele poepstring van die norra tot by die nersderm ondersoek word. Die derms en maag moet eers skoongespoel word, lyk my ek gaan ‘n kakkerige naweek hê.

Van naweek gepraat–ongelooflik hoe die tyd verbygaan, soos skadudrome. Verlede jaar se krismiskaartjies is nog op die pelmet uitgestal en hier is dit alweer sulke tyd. Ek betaal nog af aan laasjaar se Krismisskuld, en reeds klingel die klokkies en blink die goetertjies en kakkertjies in die winkels. Soos Adam Small êrens skryf :

        Bethlehemster skitter elke jaar
        Helderder in die OK basaar

Deesdae is daar so ‘n bedeesde stemmigheid by ons familiekuiers  oor Kerstyd. Soveel minder mense, soveel al heengegaan. Die jonges het oud geword,die jonggetroudes van destyds is nou die oupa’s en ouma’s, suie versigtig aan ‘n bleek whisky, die dae van een bier na die ander, lag en strontpraat en skunnige grappies om die braaivleisvure daarmee heen. Dit kon my altyd  ergerlik afpis as die oumense so met  weemoedige ontnugtering kwytraak: “Ai die tyd vlieg darem deesdae” Nou is ek die een wat dit so aan my lyf voel. En tog, roekeloos wens mens die tyd verby, van Maandag tot Vrydag, van paydag tot paydag. Ek kry deesdae die Sondagaand blues al op Vrydag.

Ja fok, die tyd gaan verby, soos ‘n rivier in vloed, en dit huiwer nie en draai ook nie terug nie.

Advertisements

11 thoughts on “Piep en poliep”

  1. “…suie versigtig aan ‘n bleek whisky, die dae van een bier na die ander, lag en strontpraat en skunnige grappies om die braaivleisvure daarmee heen…”- Well said! Hoekom skryf jy nie Sondae vir Rapport ‘n rubriek nie? (Skryf jy reeds vir Rapport ‘n rubriek?)…

  2. My pa is ‘n oupa, maar hy drink nie flou nie – hy drink BRUIN doppe en hy teug nie eintlik nie- maar dis vir my asof dit al hoe meer word dat ek en hy saam sit en praat oor die tyd wat vir ons albei vlieg.Poliep – was nog altyd vir my ‘n liederlike woordjie – beelde wat in my kop opkom waarsonder ek eerder wou gewees het. lekker naweek Lewies.

  3. Tronkie, die verhouding tussen ‘n pa en sy dogter is wonderlik – dis een van die mooiste gawes aan my toegedeel (Ag fok tog, daar klink ek soos Ds Fanie op Radio Wederkoms,ek is seker maar aan die hart gegrepe)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s