Uitsig op die lewe

Gister loop ek DM in die dorp raak–hy is die pa van ons seun se boesemvriend op skool.

“Dagsê DM,hoe gaan dit ou vriend”. Ons skud blad en en ek probeer ongesiens my hand vryf–ek het vergeet DM het ‘n ystergreep.

“Goed Lewies, baie goed. Ek moet net keer of dit gaan beter”

“En hoe gaan dit met DM Junior?”

ok Lewies, daai outjie maak ‘n kakhuis vol geld. Lyk my as jy op universiteit was ken jy die triek. As ek dit geweet het sou ek ook gegaan het, dan sou my eerste miljoen sommer baie gouer gekom het”

Nou ja, DM het seker al sy miljoen ‘n paar keer gemaak, maar die storie loop dat hy dit meer keer verloor het as wat hy dit gemaak het.

“Jy weet daai outjie is nou eers sewe en twintig en hy ry al klaar ‘n moerse Merc. Hy het hom mos ingekoop by Valinsymoer Konstruksie, jy weet daai ouens wat so bedrywig is met 2010. Hy kry moer baie geld, ‘n huis, petrol toelaag en ‘n onthaal toelaag waarmee hy die hele fokken Joburg kan treat. Nee, daai outjie het ge arrive”

DM se gesig is rooi van trots en opwinding en veertig jaar se brannas en Coke.

Ek wil hom vertel van Lewies Jnr wat elektroniese toerusting ontwerp, maar DM is fokkol geinteresseerd. Hy hoor my nie eens nie. Sy verhaal van sukses en groot geld stroom soos rioolafval in die Apiesrivier.

” En is hy en Estelle toe getroud? ” kry dit in toe hy vir ‘n oomblik asemskep.

Hy hyg na sy asem soos ‘n moeg hond.

“Nee, fok jong, daai girl was nie sy soort nie. jy weet haar pa was maar ‘n sukkelaar, hy’t mos jarre vir die munisipaliteit gewerk. Jy onthou mos sy was so fokken weird, kuns gedoen op skool en sulke snaakse klere gedra. Nee wat, sy sou nie by hom pas in sy loopbaan nie. Jy weet hy mix nou met die heel fokken rykes. “

” En waarmee is jy deesdae besig, DM?”

Hy hoes amborstig. Sy gesig word nog rooier en sy oê peul uit. Ek dog eers die man kry een of ander aanval, en net toe ek wonder wat de fok ek nou moet doen, trek hy sy asem met ‘n lang fluit in en stotter “Die fokken siegrets”

Hy kom weer op dreef en vertel vertroulik:

Ou maat, ek het ‘n contact op die myn. daar is fokken baie geld om te maak. Ek gaan juis nou die GM sien. as ek die deal deurhaak maak ek twee en fokken veertig miljoen, cash, en die ontvanger weet van fokkol. Maar wag, ek moet nou fokkof, hulle wag vir my.”

Die keer vermy ek sy uitgestrekte hand.

“Cheers, DM”

Hy draai om en klim steunend in ‘n verbleikte groen Uno. “My X5 is in vir sy eerste diens,” verduidelik hy, ” nou gee die garage my die kak om mee te ry”

Nou wonder ek, as dit so goed gaan, waarom was daar in verlede week se koerant ‘n geregtelike kennisgewing dat DM besoek van die balju gehad het?

8 thoughts on “Uitsig op die lewe”

  1. Ek herken hierdie man in ‘n paar honderd manne wat my pad elke jaar kruis. Daar is selfs een of twee van hulle wat ekse is, in die dae voor ek geweet het daar is ‘n dun lyn tussen ambisie en kak praat.Ons almal ken daardie minderwaardigheid wat in hierdie vertoon-stories uitkom. EK vryf nie net my hand nie, ek is sommer brommerig dat ek na sulke STRONT moes luister en my tyd gemors het as ek een van hulle raakloop.Sterkte met die derms, die dikkes en die dunnes. Ek sien deur jou grappies daaroor- trauma goed.

  2. Hi Liz, ja nee, hulle loop hier tussen ons. gelukkig leer mens later die signals ken sodat jy weet: Hierdie ou is ‘n kakprater. Tov die derms–hulle is ok, dankie tog!

Leave a reply to pasella Cancel reply