Toe ek nou weer so mymer oor die dooie velle storie, kom ‘n ander storie by my op.
‘n Mooi jong boeremeisie daar uit Namakawaland se wêreld kry werk by die Criterion Hotel in die naaste stad as kamerbediende. Haar pligte sluit in die opmaak van die beddens ens. Die eerste oggend nadat sy diens aanvaar het neem die hoofkamerbediende haar onder hande om haar vertroud te maak met die werk. Hulle begin om saam-saam beddegoed van ‘n bed af te trek, en daar lê ‘n gebruikte kondoom tussen die lakens.Die arme meisie kyk geskok daarna. Die hoofdame sien haar verbasing en vra, “Doen julle dan nie sulke goed daar waar jy vandaan kom nie?’
“Ja” sê die meisie, “ons doen dit, maar nie so erg dat die velle waai nie!”
LMGA – Net wat ek nodig gehad het vanaand! Dankie!
Lekker drome vir jou, Droomkind