Die inwendige ondersoek gister het baie goed afgeloop. Wat aanvanklik ‘n poliep kon gewees het was toe nie. Ek is baie dankbaar en baie verlig.
Liz vertel van haar fobie oor vlieëkots wat soos stalagtiete van die ceiling op mens kan drup (fokken gross!)
Ek werk in ‘n openbare gebou waar daar gedurig ‘n kom en gaan van mense van alle soorte is–alledaagse mense, ook van daai ouens wie se persoonlike higiëne onder verdenking is. Ek het eenkeer gelees dat die gemiddelde mens 2 kg dooie vel in ‘n jaar afgooi, daai flentertjies mikroskopies skilfers wat wemel van myte en ander liederlike organismes. Nou is my teorie–as daar daagliks omtrent 100 mense in my werksplek instap en elkeen vertoef ‘n uur of wat daar, hoeveel ton vel en skilfers word nie oor ‘n jaar daar geshed nie, en hoeveel van daai skilfers word nie deur die aircon deur die hele gebou vesprei nie–dan is dit mos moontlik dat elkeen van ons wat daar werk oor ‘n tydperk maklik ‘n volwasse mens se gewig aan dooie vel ingeasem het! G’n wonder Sureslim werk nie vir my nie!
DAnkie vir die kommentaar
lewies nou weet ek hoekom ek aircon haat
Hi Mammaskaap
Dankie, Flentergat.
Hi Lulu, skrikwekkend né
Ja nee Pruim, daar is tog iets te sê vir die Ageeswinde
Ant Sussa is bly die uitslag was goed, mens moet kyk na jouself.Maar noudat dit verby is, hoe lyk dit met ‘n atavar (of is dit nou avatar?) van jou gesig?
Dankie Ant Sussa. Ek is juis op die uitkyk vir ‘n mooi kiekie.
Stem honderd persent oor lugreelaars…verskriklik ongesond !!!