Ek gaan die naweek ‘n sabbatsreis onderneem en sal eers weer Maandag blog. Ek sal dan verder vertel van die visvangery daar by Groot Kuile.
Oor vanmiddag se rugby–ek is heeltemal neutraal. Ek voel egter of ek iets mis, mens moet betrokke wees om rerig die gees te ervaar. Dis soos dans sonder musiek, vleisbraai sonder bier. Ek sal maar die span ondersteun wat die meeste ex Vrystaters in het.
Maria se blog is; Malligheid in en om die mooirivier
Ek’s gatvol vir die Blou Bulle wat alle talent opkoop. Have ball….will travel.
dankie Monica, ek gaan nou loer
Dis nog altyd so Harry, voor die dae van beroepsrugby , belowende rugbyspelers is as weermaglotelinge Pretoria toe gepos.