Padda Deux

 

Hier voor my voete gee die padda so ‘n krampagtige skoppie met die linkervoet. Hy lig sy kop effens en kyk my met leepoë oor sy bleek boeppensie aan. Sy tong hang skeef uit sy bek tot op sy bors. Ek kry hom jammer en wil eers mond tot mond asemhaling toepas, maar sy asem ruik nie waffers na sy verblyf daar in die baber se pens nie, Hy kort noodhulp, en ek haal die bottel uit my gatsak en drup versigtig twee druppels van die goue voggies  op sy tong. Sy adamsappel wip op en af soos hy dorstig sluk. Hy lek oor sy lippe en dan kom daar so ‘n welgeluksalige glinstering in sy oë. Gaandeweg verkleur ‘n rosige blos sy bleek kiewe. Hy sukkel orent en steier op sy voete. Onvas strompel hy die kant toe en daai kant toe met sulke stywe beentjies. Dit gaan al hoe vinniger en vinniger, totdat ek met stomme verbasing besef dat die padda aan die dans is! Wilder en wilder gaan dit, hy dans die one step, two step, quick step, side step. Hy ruk en hy rol en hy twist en hy jive dat die stofwalms uit die modder langs die oewer opslaan. Hy is ‘n bondel ontploffende energie wat sierlik en soepel die een ingewikkelde dansbeweging na die ander akrobaties uitvoer. Sy arms swaai met lenige bewegings in die lug, terwyl sy voete staccato trap en hy die ritme met sy vingers uitklap. Hy trap ‘n riel wat Oom Dronk-maar- Regop Sluiper, die voordanser van Broeklosmaak se wêreld, hom nie kan nadoen nie. Hy gooi sy arms grasieus in die lug en draai ‘n pikante pirouette, al vinniger en vinniger tol hy totdat sy tone in die modder inboor. Ek klap my hande ritmies saam en stamp my voete in pas met die ritme van die dans—ek is so meegevoer dat ek my bekfluitjie uit my gatsak haal en begin speel. Ek ken net een liedjie, daai een van Stief Lafmeyer oor die Blou bul. Toe die eerste heimwee klanke opklink, kom daar so ‘n wasige uitdrukking in die padda se oë. Hy tol stadiger en stadiger soos ‘n non-Duracel hasie totdat hy met ‘n skor en weemoedige “kwaak” in die modder neerslaan, Vir ‘n oomblik klink hy net soos Stief daar op Loftus. Dan dop sy oë om en daar lë hy, wit pens bo. Ek dag eers dis klaar met kees, maar dan sien ek hier in sy kuiltjie tekens van ‘n hartklop, baie flou, maar darem. Dis nou sterk skemer en in die verte hoor ek die gezoei van die muskiete wat oorkant die kuil hul slagordes vir die nag se bloedige jag opstel, Ek tel die uitgeputte padda versigtig op en lê hom in die Camry se kattebak neer en klim dan in die kar. Nadat ek die laaste van die polonietoebroodjies geeët het, slaan ek die res van die raaswater weg. Ek gespe my in die kar se sitplek vas, ek wil nie weer so rondrol soos laas nag nie, en raak aan die slaap terwyl die muskiete tevergeefs spook om by die Camry in te kom.

Vogende

Air Camry

9 thoughts on “Padda Deux”

  1. Daardie beeld van die “spokende” muskiete is kostelik – ook die rosige blos van die padda.. baie dankie Lewies.

  2. dankie vir die kommentaar,Toktokkie, Lorinda,Lou, Faansie en Pruimtwak, ek is bly as die storie julle ‘n smaail gee.

  3. Klink vir my jy kort so Bottel Paddagang of Paddapoot of een van daardie paddawyne hier uit ons wereld.En sies man, kon jy nie nog ‘n ou druppel met die kwakkie gedeel het nie…?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s