Salige Sondag

Dis ‘n wonderlike dag hier in die Wes-Transvaal, die wolke is erg swanger en nes dit lyk of hul water gaan breek, loer die son deur. Pamela die teef lê hier neffens haar baas en in die kombuis is my annerhelfte besig om met ‘n dooi hoender te stoei. Die geur verklap dat sy aan die wen is. Onse kinders uit die Kaap kom kuier en sal more hier aankom, S met die twee blonde beach babes, hul pa kom later. Hier was ‘n frenetiese geskarrel om slaapplek vir hulle in te ruim en om die twee kleintjies se kamers in dogtertjiedinge te tooi. Dit het ook ‘n trip na Game ingesluit waar allerhande lawwe dinge gekoop is, oa twee bedlampies met vissies wat al in die rondte swem, lekker kitsch maar oulik. (ook ‘n fiber optic lampie wat met ‘n battery werk, kan kitsch so mooi wees!) Vreemd hoe kleinkinders ‘n mens kinds maak.

Sunday blues se moer, vandag pla jy my nie!

6 thoughts on “Salige Sondag”

  1. Ek het laas op skool Sunday blues gehad – daar was altyd ongedoende huiswerk. Deesdae is daar niks lekkerder as ‘n Sondagaand nie.

  2. Hi Thomas, Ant Sussa en Berwick, net beloftes van reën aan die kant. Mag die nuwe week voorspoedig vir julle wees, sonder onaangename verrassings.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s