Om te koop of nie

 Ek kom nou net van Jozi, stop by Ziggy in Potch om te kyk wat nuut is in die lyn van CDs. Klein Ziggy is nes sy pa, jy loop nie uit die winkel sonder om meer te koop as wat jy wou nie. Eintlik soek ek iets van Nick Cave, daar is egter nie voorraad nie. Koop toe ‘n versamelbundel Franse chansons, ‘n Naxos versameling met sg wedding music, die koop ek ter wille van een snit uit Boëlmann se Gotiese suite, en Carla Bruni. Ek moet darem weet of sy so mooi sing as wat sy lyk. Sover geluister na die chansons, heel bakgat. Die Naxos reeks is verstommend, nou R69, 00 stuk, ‘n lekker Kersgeskenk vir iemand.

Wat gee mens vir jou vrou? Ek is al deur vere ruikers, gedroogde ruikers, Spaanse stiervegter poppies, vase, glase, cheap scent en duur scent, Woolies geskenkbewyse, Placecol geskenkbewyse.  Sexy onderklere? Die verkoopsdames sal dink ek is ‘n pedofiel wat onsedelike voorstelle maak vir kicks. Maretha Maartens of Solly Ozrovik (seker verkeerd gespel, maar wat de fok, as dit hom pla moet hy sy naam verander) se jongste treffers? Ek gaan nou ‘n rooie skink en die saak goed deurdink.

 

10 thoughts on “Om te koop of nie”

  1. koop vir haar die nuwe groot verseboek of izak se byna liefde of teken in op haar gunsteling tydskrif en sorg vir genoeg borrelbad en kerse vir ‘n jaar en ook vonkelwyn – vrouens hou van vonkelwyn drink in die bad met kerse terwyl julle aandete maak of takeaways gaan koop

  2. Ek het nou aan jou gedink terwyl ek kos maak – snaaks hoe mens aan mense dink wat jy nie eers ken nie – soek ‘n gedig en skryf dit vir haar – wat sy vir jou beteken en wat jy vir haar voel – plant vir haar ‘n boom – lees vir haar iets voor as sy bad – en tap die bad self en steek kerse aan – speel vir haar musiek en sê sy moet na die woorde luister – en soen haar op jou beste.

  3. lewies , wat van bietjie pruimtwak vir jou vroutjie ……. en ‘n spoegbakkie …. hehehehe ……. of ‘n diamant of drie?

  4. Dankie vir kommentaar en voorstelle, lyk my ek was effe van die pad af met die ruikers en poppies. Tronkie, ja, die Pruimtwak, nooit so daaraan gedink nie! Maar daar is mos ‘n vlieg in sy land wat die belangstelling in sulke goete wakker maak!

Leave a reply to veralda Cancel reply