Ek lees op Ant Sussa se blog en kommetaar daarop ‘n paar gedagtes oor wat is vloek en wat is nie. Nou plaas ek die rympie as my kommentaar.
Anatomiese skeltaal
Dis vir my vreemd hoe ‘n man in ‘n oomblik van skielike angina
vlot kan swets met sinonieme van die vroulike vagina
as ‘n motor roekeloos voor hom inswenk
is hy dadelik in ego en waardigheid gekrenk
oor sy lippe stroom dit, sonder blik of bloos
Kan jy nie kyk waar jy ry nie, jou bleddie doos!
maar tog, vir daardie verleidelike stukkie anatomie
kan sy manlike begeerte nooit nee sê nie!
Mooi man Lewies!!! Verdedig daai stukkie anatomie!
vloek sonder premeditation of intent is eintlik ……….niks……..
Hi Tronkie, ek sal faait tot ek bly lê!
Dankie vir die inloer daar by by geraaskas.Ter aansluiting (en dit pas ook sommer by jou blog), selfs Mae West (1892 – 1980) het gese:It is hard to be funny when you have to be clean.
Hierdie is slim geskryf! Dit is nie net die mans wat met sinomieme kan skel nie, ons vrouens doen dit ook by tye bv, jou oe-ol! ghie ghie
Andre, dankie vir die kommentaar, ek geniet jou blog, ook die grensstories, ek het dit goddanak misgeloop (die grens, meen ek!)
Poppie, ek is gevlei om jou hier te ontvang! Ek lees graag jou blog, was een keer in die Neiderlande en het gevoel dis waar ek vandaan kom.
Ja, dis nou goed gesê!!! Ek moet bietjie gaan loer daar by Ant Sussa. Was die hele week nog te besig. Ek trek nou eers by twee weke gelede se blogs om te lees en te comment! Sjoe, maar dis goed wanneer dit goedgaan by die werk!
Mam Parra, jy moet maar skep as dit pap reën! In van my vorige blogs figure ‘n snaakse padda, tjek gerus. dankie vir jou kommentaar, ek waardeer dit komende van ‘n ou blogger soos jy
Poespas is mos ‘n saamgooi van klomp bestanddele, dan nie?Dalk is ek net onnodig negatief, maar ‘n klomp van hierdie Afrikaanse “instellings” soos Skouspel, Pasella en nou ook 7de Laan begin die kak uit my irriteer. Hou dit dalk te lank aan om vars te bly?
:-)) Inderdaad. Dankie vir die mooi kompliment oor my dogter!
Hoe lekker gooi jy hom hier …
lewies ……..amper ‘n week wat jy nog nie vir ons ietsie gepos het nie ……wat gaan aan ou vrind?
Ja, jammer dat die vagina so beledig word! Ek vind in Engels neig die vloekwoorde meer penis se kant toe, wonder hoekom?