Hy es

Tronkie se kommentaar op my blog Afrikaners is Plesierig laat my dink aan die skaapwagter daar doer in die Karoo wat vir die baas van die plaas vertel dat hy gaan trou. Die baas is ietwat besorg oor die ou en sê ” April, jy moet nou nie oorhaastig wees nie. Jy moet die ding mooi ondersoek”
Die volgende dag toe April vroeg in die oggend aanmeld vir diens, sê hy vir die boer, “Baas, daai deng van die trou, ek het hom onner gesoek en hy es!”

‘n Paar jaar gelede was ons op stemdag in die Kaap, dit was die eerste stemmery na die heengaan van die Nasionale Party. Ons sou die aand kuier by familie en op pad soontoe stop ek in Houtbaai by ‘n drankwinkel in ‘n kompleks naby die stembusv om ‘n paar bottel wyn te koop vir die kuier. Daar was so ‘n vertoiingde ou in die drankwinkel wat ‘n papsak wyn gekoop het, so ‘n gelerige wyn soos ou basaarkoffie. Ek sien toe hy betaal R5 vir die wyn waarop ek hom my kleingeld gee en hom aanmoedig om nog ‘n papsak te koop. Hy het geen aanmoediging nodig gehad nie, en na ‘n oorweldigende “Dankie my larnie” voeg hy as ‘n nagedagte by “Ek het vandag vir die nasionale Party gestem!”

5 thoughts on “Hy es”

  1. Toktokkie, ja nee, zoekt ende gij zullen vinden, of iets in dier voege!Monica, ja nee, hy het onnergegaan!Ja Pruim, en hoe groter die dors hoe tjankeriger die larnie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s