‘n Mooi halslyn was nog altyd vir my aanskoulik, en laat ek nou maar eerlik wees, hoe laer hoe meer aanskoulik. Ook Salomo het iets in dier voege kwytgeraak daar in Hoogenboezem. Maar nou wonder ek of dit fatsoenlik is om te kyk, nie staar met sulke uitpop oë asof jy met ‘n graaf agter die kop gebliksem is nie, net kyk sonder om te begeer, of moet ‘n man maar so skelm onderlangs loer en bewonder.
So tussen hakies, hoekom is dit ok vir ‘n vrou om die derde knoop los te maak, maar as ‘n man dit doen is hy kommin? Praat van dubbele standaarde!
Die magnetisme van ‘n halslyn is bykans onweerstaanbaar vir enige straight man. Straight ouens wat sê hulle loer nie, jok.
Daai vrouens vra om na gestaar te word.Staar dus openlik tot hul skaamkry en die 3de knopie toemaak…maar natuurlik sal hul nie skaamkry nie. 🙂
laat ek eerder ‘n wag voor my bek sit , ek dink ons manne gaan pak kry hier ……
Grigori,sê ek ook.Lou, En as sy die vierde een losmaak?Ja Pruim, dis die bek en klouseersiekte wat ek het, as ek my bek oopmaak sit ek my voet daarin
Ek dra my halslyn laag… staar as jy wil… ek glo, if you have them…;-)))
So ‘n meisiebek moet jem kry!
Ag nee wat, hel – selfs ek kyk na ‘n mooi cleavage.
Dubbele standaarde is altyd ter sprake as dit by die battle van die sexes kom. Werk annerkant toe ook. As ‘n man rondslaap is hy ‘n haan om te bewonder,’n meisie is ‘n slet, al word daar net oor haar geskinder in daardie lyn. Wat die cleavage betref, as sy wys, wil sy he die manne moet kyk.
Want hulle het dubbel soveel om te vertoon. Hehehe.. Ek glo nie dit is lelik om te loer nie … behalwe as jy besig is om met haar te gesels nie …
Ek is onomwonde ‘n borste man en ek kyyyyyyyyk!Oor jou vragie oor hoekom ek ‘n snor dra? Dis ‘n klitborsel….
ai die twee sondaars …. 😉