Ek is die week maar skaars hier op die blog. Ek sit en mymer oor ‘n nuwe ware liegstorie, en synde iemand wat nie geneig is tot leuenagtigheid nie, is dit nogal ‘n tydrowende denkproses. Dus vertel ek julle ‘n grappie, ook om die swaarmoedigheid van Vrydag tee te werk. Moenie worry, Maandag is net om die draai!!
Daar êrens in die Mid-Weste van Amerika op so ‘n agtertangse dorpie is daar ‘n saloon met ‘n baie mooi en seksie kroegmeisie. Sy dra die allerkortste rompies wat die drinkers lok en hulle laat koop. Die kroegbaas sit toe ‘n bottel rosyntjie brandewyn op die heel boonste rak agter die toonbank, so hoog dat die kroegmeisie ‘n kort leertjie moet gebruik en dan nog moet strek om by te kom. Die drinkebroers bestel te graag van die brandewyn, want as die meisie so rek en strek peul hulle oë omtrent uit as die rompie opskuif. Elkeen bestel ‘n “raisin”, dan klim sy met die leertjie op, haal die bottel af, skink ‘n dop en klim weer op om die bottel te bêre. Dan bestel die volgende een weer’n “raisin”. So hou dit aan totdat die volgende bestelling van ‘n bejaarde oompie kom. Die kroegmeisie vra so met ‘n moeë stem “Is yours also a raisin?” “No,” sê die oompie, ” but it shore is a’quiverin’ ”
LOLlekker aand
hahaha! Lewies – dis snaaks!!!
sy of haar rosyntjie?
Ja Lewies, ek sien jy het baaaie tyd om te dink en te dink….;)
Hi Kitty, vir jou ook.hello Tronkie, gaan jy en Bojaan weer deurdruk dagbreek toe?Hi Abrham, nog nooit so daaraan gedink nie, gee ‘n nuwe dimensie aan ‘n ou grappie!hello Monica, sometimes I sits…
lyk my Lewies jy raak nou oud ou vrind ……… jy moet al mymer om te mymer …. hehehehe
netso, Pruim!
Hy rys nie … maar hy bewe darem … lekker een hehehe …
Ja Ludwig, darem nie jintemal gedood nie!
Ja Lewies… ek weet vaarvan jy praat. Ek was in die week in sooo ‘n salon. Ek loop nog met die herrinering rond!Groete neef!
Oom Kallie, ek het daar op jou blog gaan dagsê, dankie vir die kommentaar.