Boom, Chick, boom!

 

Ek sien hier is so ‘n belustigheid op die blogs om jou tien of meer all time gunsteling liedjies te plaas Ek het gedink aan liedjies wat vrouename in die titel het, party is lekker kommin maar ek laaik hulle nog steeds.

Ok, Hier gaat hy:

1 Delilah     Tom Jones

Sheee stood there laaafing, I felt the knife in my hand and she laffed no more.

Ek onthou hoe die stoere Radio SA omroepers in hul sonore stemme beswaar gemaak teen die gewelddadige inhoud van die liedjie.

2 Lucille     Kenny Rogers

You picked a fine time to leave me Loesiel, four hungry children and the crop on the field, waarskynlik die saddste oomblik in Country musiek

3 Michelle     Beatles

Ek het die een gelaaik omdat ek met Frans 1 agter die rug my verbeel het ek verstaan Sont des mots qui vont tres bien ensemble

4 Layla     Eric Clapton

Sy weergawe is vir my die mooiste, maar dan, ek laaik ou Slow Hand

5 Marike     Jacques Brel

Daar is so ‘n verlange in ou Jaques se stem wat my sommer lekker swaarmoedig stem

6 Eloise     Barry Ryan

My Eloisa, how Ii’d like to pliesa!! Ai, verlore liefde is ‘n bliksem!

7 Sweet     Caroline Neil Diamond

Good times never seemed so good…

how can I hurt when I am with you

Inderdaad

8 Suzanne     Leonard Cohen

And Jesus was a sailor when he walked upon the water

Soms dink ek die Jood van Kanada was bietjie crazy

9 Julia     Chris Rea

It’s the face of an angel

Soul of the devil may care

Ja nee, daai kombinasie was the downfall of may a good man

10 Alberta     Eric Clapton

Alberta Alberta whereh’d you stayed last night

Come home this morning

Ai, hartseer as die liefde taan

Daar is baie ander. Ek het nie Afrikaans in ag geneem nie, anders was Mornay van Koos du Plessis en Lisa se Klavier van Koos Kombuis daar.

‘n Nuwe Afrikaanse liedjie wat vermeld moet word is Jurie Els se Hessie is my Bessie, dis nog nie hier ter lande beskikbaar nie agv ‘n endossement wat op die omslag aangebring moet word: Kinders onder 3 jaar mag net met ouerlike leiding luister. Daar is ‘n eksplisiete verwysing na Hes se mys wat sekere groeperinge van die Afrikaanse kultuur mag affronteer.

Lekker luister, julle !

13 thoughts on “Boom, Chick, boom!”

  1. Dankie dat jy jou jou lysie gepos het. Duidelik hou dit ook baie romantiek vir jou in. Verbasend hoeveel van die dames “Rock Chicks” was.Die gedeelte van Suzanne wat by my vassteek laat my ook dink aan party van hulle hier: “Suzanne takes you down, to her place by the river. She feeds you tea and oranges, all the way from China. And just when you want to tell her that you have no love to give her, she gets you on her wavelength, and let the river answer, that you’ll always be her lover…” Cheers Girls.

  2. Maankind, ek onthou Annie’s song, ook ‘n gunsteling vir my.Griet-tipies student!hi Monica, karperde, lyk dit my.Hallo Andre, en die mans val keer op keer daarvoor! Hi Lou, moet wees, maar jy lyk baie beter behoue!Abrham, dis die naakte waarheid, ou maat!Lekker musieke daai, Pruim

  3. Mooi keuse. Lisa se klavier is my gunsteling.Re comment op my blog: ons het daai paadjie geloop. Die ou het niks oorgekom ind ie ongeluk nie. Wilmirie is dood, Driaan het permannte merke aan sy lyf waar die teer hom nerf af geskuur het… En die twat loop vandag, 4 maande later, nogsteeds op vrye voet.

  4. Baie cool lys, en ek lag te lekker vir die kommentaar! so help my asseblief, ek het nog altyd gewonder, wat beteken Sont des mots qui vont tres bien ensemble dan?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s