Sonde met die bure 2: Steekaai krekker in jou crack!

Die moroniese geklapperskietery die tyd van die jaar maak my hoogs de wetter in, veral oor die arme brakke wat so suffer. ‘n Jaar of wat gelede hier oor die feestyd besluit my een buurman om sy familie te trakteer met ‘n moerse klappervertoning, klink erger as die 1812 overture op steroids. Ons had op daardie stadium ‘n staffie wat heeltemal histeries geraak het oor die lawaai. Aangevuur deur so ‘n ligte knerts hang ek toe oor die muur en skreeu vir hom en sy kornuite “Steek daai crackers in jou gat!!” Hy vee toe die einste gat aan my af, en na so ‘n ruk is sy arsenaal uitgeput. Die nag word ek wakker en voel baie skuldig oor my tappet vertoning, en ek wonder hoe ek die ou ooit weer in die oë sal kan kyk. Toe kry ek die antwoord: As ek hom êrens raakloop sal ek beskeie verskoning maak,  “Ou Fires,jy kan daai crackers nou maar uithaal “.  

Advertisements

7 thoughts on “Sonde met die bure 2: Steekaai krekker in jou crack!”

  1. Hi Lewies,weet jy wat het daai Buurman van jou nodig??Nie ‘n verskoning,maar een van daai ACME rockets wat Wiley Coyote altyd aan sy uitgerafelde ou agterstewetjie vasgestrap om daai MISLIKKE Roadrunner bird mee te kan inhaal.hehehehe…

  2. So nou en dan kan ‘n bomcracker ‘n goeie ding wees. Ek bly in ‘n kompleks, en as dit ‘n raserige party is, hou dit omtrent twintig huise in die omgewing wakker. Ek het so paar menere wat ek jare terug gekry het. Een van hulle, en die partytjie gangers kry die boodskap maar te deeglik.

  3. Hi Lou, Modderkoekie, Elbedean, Berwick, Konyntjie, Katrina en Andre, ja, daai ouens is maar bleddie lastig. Geseënde Kersfees vir julle almal, vry van cracker lawaai!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s