Sonde met die bure 1: Sny jou gras, poephol!

 

Ek is vandag besig met allerhande huishoudelike chores en het nie eintlik tyd om iets op die blogs te sit nie, nou plaas ek maar hierdie briefie wat ek so ‘n ruk gelede aan ‘n ou hier onder in straat gestuur het. Hy was een van daai wat nie die gras op sy sypaadjie gesny het nie, tot erge wrewel van almal in sy onmiddellike buurt. Ter agtergrond, Makweteng was die ou lokasie wat later gesloop is om plek te maak vir ‘n blanke woonbuurt, Neserhof, so in die laat sestigs. Na 1994 was daar ‘n kortstondige poging van die ou inwoners om die gebied weer terug te kry. Die brief het nie gehelp nie, maar dalk het daai ou se moer gestrip en sy bloeddruk gestyg. Tweede prys!

(Spel, tik, grammatika en alle ander foute intended)

TO THE HOUSEHOLDER OF 15 COETZEE STREET

CONGRATULATIONS!!!

THE COMMITTEE OF THE STRUGGLE TO RESTORE THE WHITE ELITIST SUBURB NOW CALLED NESERHOF TO ITS ORIGINAL GLORIUS STATE AS MAKWETENG, DEROGATIVLY KNOWN TO WHITE SETTLERS AS DIE OU LOKAASIE, HEREBY CONGRATULATE YOU ON YOUR PERSISTANT EFFORTS TO RETSORE NESERHOF TO ITS PREVIOUS NATURAL BEAUTY AND INDIGINOUS FLORA BY REFUSING TO BOW TO WHITE SUBURBIAN PRESSURE TO CUT YOUR GRASS. THEREBY YOU ARE SUPPORTING OUR STRUGGLE TO MAKE NESERHOF LOOK LIKE THE OU LOKAASIE AGAIN.

WE WOUD LIKE TO HONOUR YOU BY GIVING YOU A BIG PRICE, YES, A BIG PRICE!!! YOU WILL SHORTLY RECEIVE A DRUM OF TLOKWE, ENOUGH TO LAST YOU A LONG TIME AND MEANT TO ENJOY WHILE YOU WATCH THE WEEDS AND GRAS GROW TO TRANSFORM THE WHITE NESERHOF WHICH WAS STOLEN FROM OUR PEOPLE INTO THE SPLENDOUR THAT ONCE WAS MAKWETENG, DIE OU LOKAASIE. IN FACT, WE, THE COMMITTEE, WOULD VERY MUCH APRRECIATE IT IF YOU WOULD JOIN US FOR A DRINK AT THE BIG TIME TAVERN IN PHELELANE STREET IN JOUBERTON TO COLECT YOU PRICE. WE WILL ARRANGE FOR THE PRES TO BE PRESENT TO TAKE A NICE PHOTOGRAPH OF THE PRICE GIVING SO THAT THE PEOPLE CAN SEE HOW YOU SUPORT OUR CAUSE.

WE, THE COMITEE, SALUTE YOU AS A TRUE COMRADE IN THE STRUGGLE!!!

YOURS IN THE RESTORATIAN OF MAKWETENG!!!

HAPPY OFFENTSE NDABAKINDE AKA FOKOL CUT GRASS.

CHAIRPERSON

WE WILL RECLAIM MAKWETENG! BACK TO THE OU LOKAASIE!!

Advertisements

Vat so!

Ek het my vandag so vervies vir so ‘n geslaglose skepsel hier by die werk ek had lus en skop hom op sy koek.

Boom, Chick, boom!

 

Ek sien hier is so ‘n belustigheid op die blogs om jou tien of meer all time gunsteling liedjies te plaas Ek het gedink aan liedjies wat vrouename in die titel het, party is lekker kommin maar ek laaik hulle nog steeds.

Ok, Hier gaat hy:

1 Delilah     Tom Jones

Sheee stood there laaafing, I felt the knife in my hand and she laffed no more.

Ek onthou hoe die stoere Radio SA omroepers in hul sonore stemme beswaar gemaak teen die gewelddadige inhoud van die liedjie.

2 Lucille     Kenny Rogers

You picked a fine time to leave me Loesiel, four hungry children and the crop on the field, waarskynlik die saddste oomblik in Country musiek

3 Michelle     Beatles

Ek het die een gelaaik omdat ek met Frans 1 agter die rug my verbeel het ek verstaan Sont des mots qui vont tres bien ensemble

4 Layla     Eric Clapton

Sy weergawe is vir my die mooiste, maar dan, ek laaik ou Slow Hand

5 Marike     Jacques Brel

Daar is so ‘n verlange in ou Jaques se stem wat my sommer lekker swaarmoedig stem

6 Eloise     Barry Ryan

My Eloisa, how Ii’d like to pliesa!! Ai, verlore liefde is ‘n bliksem!

7 Sweet     Caroline Neil Diamond

Good times never seemed so good…

how can I hurt when I am with you

Inderdaad

8 Suzanne     Leonard Cohen

And Jesus was a sailor when he walked upon the water

Soms dink ek die Jood van Kanada was bietjie crazy

9 Julia     Chris Rea

It’s the face of an angel

Soul of the devil may care

Ja nee, daai kombinasie was the downfall of may a good man

10 Alberta     Eric Clapton

Alberta Alberta whereh’d you stayed last night

Come home this morning

Ai, hartseer as die liefde taan

Daar is baie ander. Ek het nie Afrikaans in ag geneem nie, anders was Mornay van Koos du Plessis en Lisa se Klavier van Koos Kombuis daar.

‘n Nuwe Afrikaanse liedjie wat vermeld moet word is Jurie Els se Hessie is my Bessie, dis nog nie hier ter lande beskikbaar nie agv ‘n endossement wat op die omslag aangebring moet word: Kinders onder 3 jaar mag net met ouerlike leiding luister. Daar is ‘n eksplisiete verwysing na Hes se mys wat sekere groeperinge van die Afrikaanse kultuur mag affronteer.

Lekker luister, julle !

Nagsê

Hier is al die heel dag so ‘n hardlywige donderweer, vol beloftes maar sonder resultaat. Dalk deur die nag gebeur daar iets. Maar nou gaan ek kiep, fok Insomnia en fok sommer haar suster ook.

China Imports and Melamine Suppliers Slakren Super Series: Dingaansdag 2008

Hierdie tyd van die jaar heers daar ‘n frenetiese opwinding hier op Nege Skag. Almal is in rep en beroering. Daar is genoeg psigiese aktiwiteit om die dooies in Hertzogville teen wil en dank te laat opstaan. Die rede vir die harlaboerla is vanjaar se China Imports and Melamine Suppliers Slakren Super Series wat op Dingaansdag in die myn se ontspanningsaal op die snoekertafel sal plaasvind.

Die Slakren Super Series is ‘n rooi omkringde datum op Nege Skag se jaarlikse sportkalender. Net die Tagtigerklub se tweejaarlikse jukskei eindrondte teen Carletonville Tien Skag wek meer belangstelling onder die sportmal adrenalienverslaafdes. Daar word astronomiese weddenskappe aangegaan wat die revs verby die rooi jaag. Die kompetisie tussen die slakbase om die gesogte trofee en die groot pryspot in te palm is so straf dat onreëlmatighede soos klokslag voorkom. Verlede jaar het Jammy Coetsee ongemerk so ‘n druppeltjie Casanova’s Everready Concoction onder Gampie Visagie se slak, Cortina Perana, se suigpoot laat val. Cortina was die gunsteling om die strawwe wedloop oor een meter te wen, en halfpad in die resies was hy reeds los voor, maar toe skop die Concoction in en hy vlieg om en bespring vir Virgin White wat in die tweede plek was. Altwee is gediskwalifiseer omdat die beoordelaars van mening was dat daar instemming van Virgin White se kant was. Hulle het bevind dat daar ‘n behaaglike glinstering in haar oë was en dat sy haar nie oortuigend en hard genoeg verset het teen Cortina se suigsoen omhelsing nie.

‘n Ander keer het Fires van Vuuren ‘n Minora lemmetijie netjies in die baan in geplant wat Starship One geloot het. Starship was die gunsteling om die snelren te wen, en Fires se inskrywing, Unscrupulous, het in sy nek geblaas, Die lemmetjie het Starship simmetries in die lengte in twee gekloof, maar hy was reeds op spoed en sy momentum het hom deur die lint laat breek waarna die twee helftes van mekaar geval het. Die beoordelaar het na ’n stadige aksie TV weerkyk teen skemeraand tot ‘n eenparige besluit gekom en die eerste en tweede plekke postuum aan Starship toegeken.

Fires is egter nie iemand wat maklik tou opgooi nie, en die volgende jaar het hy tydens ‘n uitdunrondte die blitsige Sixteen Valve se baan met tafelsout gesaboteer, en toe Sixteen Valve oor die booby trap snel, het die sout sy slaklyf in ‘n groot skuimbol opgelos. Die wind wat deur die toeskouers se aanmoediging en gejuig veroorsaak is, het die leë dop skoon van die tafel afgewaai en dit was die einde van Sixteen Valve.

Dan weer was daar Baby Botes wat haar inskrywing, Greased Lightning, se poot met Vaseline besmeer het sodat hy in ‘n glyaksie in plaas van ‘n suigaksie beweeg. Hy het egter om die eerste draai van die baan getol en deur die sperrelings gebars. Sy skulp het in fyn splintertjies ontplof soos ‘n krullerige Royal Albert porseleinkoppie wat op ‘n sementvloer val. Een van die splintertjies het sy slymvlies deurboor en noodlottige inwendige beserings veroorsaak wat Greased Lightning se stuiptrekkende einde in ‘n skuimende slymbol beteken het, soos ‘n mikro Hiroshima hier voor die stomgeskokte toeskouers.

Maar Dingaansdag is om die draai! Mag die snelste slak seëvier!! Citius, Altius, Fortius!!