Raasgat

 

Skreeubek voël hadida

Ek wil jou net een ding vra

Moet jy dagbreek raasgat kla?

Advertisements

Lewensles

Toe ons seun, na wie ek in my blog as Boikie verwys, 21 word, is hy nog student in Kaapstad aan die Kaapse Technikon, baie ver van sy ouerhuis. Ek en sy ma besluit ons moet hom darem ‘n behoorlike mondigwordinggeskenk gee en ons dink aan iets gepas, en ons dink en dink. Een dag loop ek met die hond in die veld hier naby ons huis en daar tel ek toe ‘n reuse miskruier op, afgestorwe maar goe behoue. Die verpak ek toe in ‘n ringboksie en stuur die vir Boikie op sy 21st met die boodskap: Leer ‘n les by die miskruier, hy het sy hele lewe lank net kak aangejaag en nou het hy niks om daarvoor te wys nie! Ons het toe wel ook ‘n ander geskenk gestuur, kan nie meer onthou wat nie, maar die miskruier, die onthou almal goed.

Barnard befok

Ek weet voor my siel ek hou nie van Chris Barnard se skryfwerk nie, dis nou die een in lewe, nie die wyle een nie. Maar so waar as fok, ek staan daar in CNA tussen al die goeterjies en kakkerjies op hul rak en ek koop Oulap se Blou, seker maar gefnuik deur die mooi aanbieding. Skiet my maar, maar die boekie is soos basaarbeskuit, semelrig en stowwerig, bo in en onder uit sonder sonder voedingswaarde. Soos die Woef hondekos wat die Engen garage op die hoek verkoop. Dalk is ek literêr diabeties vir sy skryfsels. So, almal wat my van literêre heilgskennis beskuldig, ek beken skuld: vonnis en fusilleer! Skiet hom burghers, laat sy veradderlike bloed drup op die heil’ge grond van ons geliefde moedertaal!

Hi Insomnia!!

Morpheus, o Morpheus, wat het ek gesondig
Dat jy my van soete slaap ontneem
My nagrus so kortstondig
Van alle droom vervreem
Nie eens ‘n nagmerrie my beskore
In die laat ure van die nag
Terwyl ek smag na die more
Die aanbreek van die nuwe dag

Bok bok staan styf…

Ek klim vanoggend soos Rice Krispies uit die katel, klap, knetter en kraak. Die lyf is seer na drie aande se gym. “Sjoe, ek is styf vanoggend, ” soek ek simpatie by Vroukie. Met ‘n Suster Teresa stem en ‘n twienkel in haar oog sê sy ” Kom laat ek kyk, dalk kan ek help” “Nee, nee!! Dis nie daai soort…” Toe kom ek laat by die werk en trap amper in die bollie (kak woord daai, ek sweer ek gaan dit nooit weer gebruik nie)  

Mymeringspoort

 

So pif ek en Vroukie huis toe deur die Karoo, tjoepstil, ons tjanke afgetrap na die afskeid van ons kiddies. Op die dradeloos speel musiek wat Boikie gelaai het, Vroukie sê dis Panado musiek, dit maak haar kop seer. Dit fok die alpha ritmes heeltemal op. Dit klink soos Multiple Fuck up on the New York Interstate. Met dié dink ek dat die fok woord en sy deriwatiewe deesdae so pront en staccato by my bek uitmarsjeer. Ek het nie juis morele besware daarteen nie, maar die oorgebruik daarvan verskraal ons mooi Afrikaanse taal en woordeskat. Toe mymer ek oor die moontlikheid om die krutaal in die F register te vervang met meer inheemse sinonieme uitdrukkings. en sodoende die moedertaal te verryk. Hier is ‘n paar:

Ons sê

Gevoel wat weergegee word, betekenis

Sê liewer

Ag fok, fokkit

Frustrasie, bv Ag fok wat het ek nou aangevang

Verbrands, demmit

Wat de fok

Irritasie, bv Wat de fok dink jy doen jy

Wat de drommel, Wat de swernoot,

Ben je bedonnerd of jeukt je foefjas

Waar de fok

Vaderlike besorgdheid teenoor sy telge, bv Waar de fok kom jy die tyd van die nag vandaan?

Vanwaar Gehasi?

Opfok

Dreigement, bv Ek sal jou opfok!

Opdons, wys waar Dawid die wortels gegrawe het

Fokken A!

Bewondering

Skote Petoors! Koek in die hoek! Senter Miesies Venter! Allamaskas!

Fokker

Ek laaik nie die ou nie, bv Vat so jou fokker!

Lieplapper, Mokkel, Slungel, Skarminkel

Fokkertjie

‘n Klein fokker

Knopkop, snotneus, bogsnuiter

Fokof

Bevelsvorm, gaan weg

Gaan na die duiwel, vlieg in jou kanon. maak spore

Fokken

As bywoord, bv ‘n fokken groot vis

Allemintige, tamaaie

O fok!

Angsbevange antisipasie, bv O fok, hier kom groot kak!

O gits, hier kom groot bollie.

Toe ek Vroukie van my voorneme vertel, sê sy: “Jy kan traai, Lewies, maar die wind waai wes, hy waai fokken sterk wes !”

Voert jou brak!

Monica vertel van die hond wat die kerk binnegekom het en die koster gedreig het toe die hom wou uitgooi. Laat my dink aan die brak wat ook die kerk een Sondagoggend tydens die erediens manhaftig binnestap en hier en daar begin snuffel. Die broer koster spring op om die hond uit te jaag en moedig hom aan met ‘n gedempte “Fokof! Fokof!” wat toe ‘n hele ontstigting onder die gemeentlede tot volg gehad het soos hulle proes en giggel. Na die diens sê die dominee vir die koster “Broer, jy moes die hond maar gelos het, hy sou self gefokof het”