Monica vertel van die hond wat die kerk binnegekom het en die koster gedreig het toe die hom wou uitgooi. Laat my dink aan die brak wat ook die kerk een Sondagoggend tydens die erediens manhaftig binnestap en hier en daar begin snuffel. Die broer koster spring op om die hond uit te jaag en moedig hom aan met ‘n gedempte “Fokof! Fokof!” wat toe ‘n hele ontstigting onder die gemeentlede tot volg gehad het soos hulle proes en giggel. Na die diens sê die dominee vir die koster “Broer, jy moes die hond maar gelos het, hy sou self gefokof het”
lewies dit was defnitief n tlokwe hond
HAHAHA Lewies!
Hi Abrham, ja nee, ‘n regte Tlokweffertjie!
Hi Maankind!
Hi Monica!
viva dominee
Dankie vir jou inskrywing op my blog. Skies vir die plekke waar ek per ongeluk die images gedelete het. Sal dit more terugsit, dan kan jy dalk weer daar kom draai…
Ja Pruim, ‘n pragmatiese predikant!
Welkom op my werf Chom!
Doeminie se woord is wet.
Hi Prinses, dis die heilge waarheid
dalk was die hond se naam ‘fokof’
Hi Elza, nooit daaraan gedink nie!
dankie, ek het ook nou lekker gelag!!!
Tot Ricoffy smaak anders as jy eers die melk oor die koffie gooi en dan die water.
bloedig,lewies bloedig !
Soos die brakkie wat se naam “voertsek” was, en hoe meer die mense vir hom se voertsek hoe meer bly die hond met hulle.Lekker gelag,PvR
Hallo PvR, bly jy was hier!