So pif ek en Vroukie huis toe deur die Karoo, tjoepstil, ons tjanke afgetrap na die afskeid van ons kiddies. Op die dradeloos speel musiek wat Boikie gelaai het, Vroukie sê dis Panado musiek, dit maak haar kop seer. Dit fok die alpha ritmes heeltemal op. Dit klink soos Multiple Fuck up on the New York Interstate. Met dié dink ek dat die fok woord en sy deriwatiewe deesdae so pront en staccato by my bek uitmarsjeer. Ek het nie juis morele besware daarteen nie, maar die oorgebruik daarvan verskraal ons mooi Afrikaanse taal en woordeskat. Toe mymer ek oor die moontlikheid om die krutaal in die F register te vervang met meer inheemse sinonieme uitdrukkings. en sodoende die moedertaal te verryk. Hier is ‘n paar:
Ons sê |
Gevoel wat weergegee word, betekenis |
Sê liewer |
Ag fok, fokkit |
Frustrasie, bv Ag fok wat het ek nou aangevang |
Verbrands, demmit |
Wat de fok |
Irritasie, bv Wat de fok dink jy doen jy |
Wat de drommel, Wat de swernoot, Ben je bedonnerd of jeukt je foefjas |
Waar de fok |
Vaderlike besorgdheid teenoor sy telge, bv Waar de fok kom jy die tyd van die nag vandaan? |
Vanwaar Gehasi? |
Opfok |
Dreigement, bv Ek sal jou opfok! |
Opdons, wys waar Dawid die wortels gegrawe het |
Fokken A! |
Bewondering |
Skote Petoors! Koek in die hoek! Senter Miesies Venter! Allamaskas! |
Fokker |
Ek laaik nie die ou nie, bv Vat so jou fokker! |
Lieplapper, Mokkel, Slungel, Skarminkel |
Fokkertjie |
‘n Klein fokker |
Knopkop, snotneus, bogsnuiter |
Fokof |
Bevelsvorm, gaan weg |
Gaan na die duiwel, vlieg in jou kanon. maak spore |
Fokken |
As bywoord, bv ‘n fokken groot vis |
Allemintige, tamaaie |
O fok! |
Angsbevange antisipasie, bv O fok, hier kom groot kak! |
O gits, hier kom groot bollie. |
Toe ek Vroukie van my voorneme vertel, sê sy: “Jy kan traai, Lewies, maar die wind waai wes, hy waai fokken sterk wes !”
Allamaskas Lewies, dis oulik!Ek dink nou skielik aan ‘n woord waarvan ek baie hou maar nooit gebruik nie: kaduks.Mooi woord.
Dit sal die fokken dag wees. Hierdie een woord doen die werk van dertig, en ek HOU van ekonomie.
Flippen uitstaande briljansie.(Sorry, ek kan nog nie daai woord skryf nie)
Foefjas? FOEFjas?
wes lewies , wes , wes wes !
Lmga! Goeie alternatiewe, maar dit raak al hoe meer in onbruik. ‘n Jammerte!
Jou kommentaar daar op my blog oor Broken Dolls. Dis wat dit sad maak. Hulle wat eintlik liefde nodig het, stel hulself bloot aan uitbuiting.
Hi Berwick, as ek aan kaduks gedink het het ek dit aangebied as plaasvervanger vir faktap!
Lou, lyk my jy is preuts–jy sukkel met die d…. woord ook!
Ek stem Andre, ek hy vorm so mooi in die mond
Ja Chom, foefjas, nou kan die kinnertjies ook saampraat!
Fooken onwaarskynlik Ghaap!
Ja Pruim, nie eens Don Kwiekshot sou die taak aanpak nie!
Hi Katrina, g’n wonder nie, niemand gaan my ernstig opneem as ek dreig om hom op te dons nie!
LoL! Maar jou voorneme was beslis bewonderingswaardig…
Ek het getraai Lorinda!
Hi Sieltjie, as jou woordeskat uitgebrei het, is dit mission accomplished!
Lees nou eers jou oulike en oorspronklike blog raak! Dis goed en 10/10 vir vroukie wat nie doekies omdraai nie! 🙂
Ek dink Afrikaans is die enigste taal in die wêreld waar mens ‘n positiewe of negatiewe konnotasie aan fok kan gee. Iets is of befok of gefok.
hahaha, dis histeries!!!;-)