Japie my skapie ek is lief vir jou…

 
So betrag ek myselwers in die spieël toe ek staan en skeer. Die beeld wat ek daar sien herinner vaagweg aan die vooraansig van ‘n 1948 Ford, hoë modderskerms en ‘n blink bonnet. Ek sit my bril op en nog erger: daai Ford lyk of hy onsuksesvol deur Poena se Panelbeaters in Orkney onder hande geneem is. Ek leun vorentoe om die ontstellende verskynsel beter te betrag. Onteenseglik, my looks is in sy moer, nie dat daar veel was nie, maar darem. Hier onder my kennebak is ‘n slap lel aan’t groei. Hoekom? My profiel begin die van ‘n pelikaan aanneem. Ek het êrens gelees mens se ore hou aan met groei, teen 0,2mm per jaar. Dis die waarheid. Seker bemes deur al die kak wat ek deur die jare moes aanhoor.

Aah, hier is tog goeie nuus, my hare is weer besig om te groei! Net jammer dis in en op my ore. Dit lyk soos pampasgras op Randfontein se mynhope. Ook op my rug is daar ewe skielik welige groeisels. Ek lyk soos ‘n vet Griek wat verhaar na die winter.

G’n wonder Vroukie noem my deesdae “My Skapie” nie.

“ Wat lyk jy so bedruk en bedroë?” vra Vroukie toe sy die badkamer inkom. “Dis Vrydag, die naweek lê voor”

“Ek neem net bestek van die skade en letsels wat die ruwe lewenstorme deur die jare op my gelaat het,” antwoord ek ietwat melodramaties, “ek lyk kak, ek lyk soos die Taliban”

“Ag my skapie “ (sien julle?) “ jy lyk vir my nog net so oulik en so mooi soos jare gelede”. Daai Suster Teresa stem en die twienkel. “ As jy my nie glo nie kan ek jou altyd wys” Sy sing die “wys” in twee lettergrepe op noot.

En toe is ek weer laat by die werk.

15 thoughts on “Japie my skapie ek is lief vir jou…”

  1. met rede lewies , met rede laat……. en weetie hoekom nie , jou heel eerste inskrying (met die foto oppie kakhuis) dart nou hier in my kop in….ek het geweet ……… hehehe

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s