Brom-brom uit die vere

 
4h46. Dis toe die hadidas in die buurman se denneboom hul heksegroet begin gil.

Vroukie kom die badkamer in toe ek later staan en skeer en verneem na die kwaliteit van my nagrus.”Nee, ek het lekker geslaap totdat die bleddie hadidas begin raas het. Dis asof hulle al wat leef en beef wakker gemaak het, skielik blaf al wat ‘n brak is en die spul voëls wat die ou hier agter in daai sink kaia aanhou begin met hul gekras en gekrys . Dit so vroeg in die oggend, net toe ek ‘n laaste slapie insit”

“Ag my skapie (!), dis darem nie so erg nie, dit was in elk geval al opstaantyd.”

“Ja maar toe begin al wat ‘n voël is saam raas. Die duiwe koer en die mossies kwetter en daai bleddie koelievinke skreeu saam. G’n siel kan dit hou nie”

“Lyk my jy het met die verkeerde voet uit die bed geklim, hmm Skapie? Dis Vrydag, die naweek lê voor. Jy moenie so knorrig wees nie. Buitendien, dis ook nie alle voëls wat vroegoggend lastig is nie” sê sy. Haar stem is diep en donker, smeulend soos die hardehoutkole van ‘n nanag kampvuur, gelaai met die misterie en mistiek van vrouwees (ok, hier het ek ‘n bietjie meegevoer geraak). Daar is ‘n twienkel in haar oog, en toe kom ek weer laat by die werk.

Advertisements

15 thoughts on “Brom-brom uit die vere”

  1. All Bran is darem lekker so voor werk… My tannie reken die hadidas skree so as hulle mekaar uit die nes skop in die oggend. Vir my is hulle net so verpesting!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s