Askies!

So tjek ek vanoggend tersluiks my skoftin–gesonde slaaibestanddele, reste van gisteraand se hoender en blikmielies. Toe sê ek vir Vroukie, heel grapperig, dis mos nou die hoender met die kropinhoud. Toe kry ek daai Kyk, en Valentine’s is om die draai. Ek hoop Florrie se Bloemiste het nog van daai post Krismis pre Valentines specials.

Advertisements

Seil slang, seil!

Ek sit so en dink oor die werk wat ek doen in ‘n omgewing waar werksprosedures byna daagliks verander en kommunikasie so te sê nie bestaan nie, en die beeld van ‘n slang wat oor ‘n pad seil kom by my op. Ek is die slang, en dis my werk om oor die pad te seil. maar nes ek op spoed is, kom ‘n klonkie met ‘n stok en moer my plat. Dan begin ek maar weer, net om weer gemoer te word. Hoeveel keer kan ‘n ou gemoer word voordat jy besluit: Tot hiertoe en nie verder nie!