Toe toe Tutu

Is maar kakkerig om so alleen te wees op die Sabbatsavond. Ek sit hier voor die rekenaar met ‘n glasie rooiwyn, (nie te veel nie , Lewies, more is Maandag!) en die werfhond wat hier by my voete lê.

So ‘n paar blokke van ons huis af is ‘n groot oop veld, waar die fondasie van Desmond Tutu se geboortehuis onder ‘n ewe eensame bloekomboom uitgewys is. Die plan is om hier ‘n moerske community centre te bou, van creches tot ouetehuise, maar noudat Tutu hom uitspreek teen elemente in die ANC sal dit seker voorlopig net ‘n lugkasteel bly.

‘n Paar jaar gelede had ons ‘n Staffie , die oulikste hond op vier voete, wat teen laatmiddag kens geraak het vir haar stappie. Elke dag. As haar baas nie ontsag gehad het vir donderweer nie was dit come hell or high water. Ter afwisseling het ons verskillende staproetes gehad, en een het nou juis neffens daardie heilige akker verbygesny. Dit het vir Mary Lou perverse plesier verkaf om juis daardie gewyde grond te desekreer deur hurkend daarop te eksekreer. Die van julle wat Staffies ken sal weet van die kenmerkende Staffie smaail. Haar smaail was nie een van verligting nie, maar van onnutsigheid. Ek het op daardie stadium nie mooi geweet van politieke korrektheid nie en het Mary Lou aangejaag: “Toe toe, Mary Lou, roer jou gat en skyt klaar”

Nou lê Pamela hier by my voete, ook ‘n hond met ‘n storie, maar dit vertel ek later.

25 thoughts on “Toe toe Tutu”

  1. Sal graag Pamela se storie ook wil hoor. Gisteraand laat iets my onthou dat Valiant Swart ‘n song oor Pamela geskryf het, maar ek kan om die dood nie onthou wat dit was nie.

  2. Andre, dis nou nogal so 50% waar die naam vandaan kom, Pamela se ouma woon in Boomstraat, die ander 50% is the one and only… Pamela Anderson!!

  3. Geniet die rooiwyn en se vir vroukie ons wens haar almal ‘n wonderlike jaar toe en mag jou reelings vir haar vlot verloop…. onthou die “tea candles”….LOL.:>)))

  4. Jy’s so flippen cute!!!Ek giggel alweer oor lou laatkommery vir werk. Jy moet jou huiswerk die vorige dag afhandel en nie voor werk aframmel nie!!!hiehiehie

  5. Dankie vir jou kommentaar oor Aldam. Ons het ook daar hase gejag met ‘n Volswagen semi bakkie ding.Maar ons het net so baie dinges ook daar aangejaag. Jy het nou baie memories wakker gemaak.
    Dankie oor waar die Pamela vandaan kom.

  6. Jissie Andre, daar by Aldam het ek as jongeling darem baie Blackies gesink! Ek dink ek moet vertel van Kroonstad en die Likkewane, en die kuier daar by die rivier oor Krismis, en die hangbrug, en … nouja, dit is history.

  7. Lewies, jy magi ‘n blou maandag gehad het nie… hoe was vroukie se verrassing gewees na die terug by die huis van PTA af??? Jy se nie ofit lekker was nie, hoop die teacandlles het gehelp viri atmosfeer!!!!!Het sy darem ‘n great verjaardag gehad???:>)))

Leave a reply to pasella Cancel reply