Ek het Vrydag so geteef en geteem oor oa die feit dat Vroukie se werk van haar verwag om vandag 17:00 ‘n vergadering by te woon. Nou ja, getrou aan haar aard is sy so skuins na 16:00 hier weg, haar werksplek is net om die draai, om haar rekenaar op te stel ens. Sy bel netnou om te sê hulle sal nog lank besig wees. Ek het my voorgeneem om my poppe in die pram te hou, maar fokkit mense, die een is darem bietjie dik vir ‘n daalder.
Thanks Elmarie
Goeie plan, Annemari
fokkit … klink so mooi oppi oor … Hallo Lewies!
Jy is voorwaar geduldig.Min het respek vir Sondag en familietyd nie..Miskien kry sy oortyd en neem jou weg vir ‘n romantiese naweek?
Ek voel saam met jou. Fok hulle
Op ‘n sondag??????????? Hel nee
Ek stem. My destydse baas was hoogs bedons toe ek vir hom se ek sit my selfoon naweke af en is nie beskikbaar vir werk nie. Maar ek het uiteindelik gewen.
More Lewies – ek hoop van harte hierdie Sondag is jy en Vroukie rustig bymekaar – die heeldag.