Vrydagoggend toe ek staan en skeer kom Vroukie die badkamer binne. “Onthou nou, Skapie(!), ek gaan vanmiddag na werk my hare laat kleur. Ek sal eers later by die huis wees”
“Ok, ek sal intussen vir ons iets aanslaan om te eet, en ‘n lekker bottel shiraz by Checkers optel”
“ Dis dierbaar van jou. Jy is so ‘n sweetie pie!”
Positiewe geluide daai! Ek moet die yster smee terwyl hy warm is. Dalk iets kwytraak van hoeveel ek van vroumensdinge weet? Net om te wys dat ek omgee?
“Weet jy Liefie, ek sien ‘n advertensie in een van die tydskrifte in die toilet dat Jane se Moer ‘n nuwe produk op die mark het, ‘n haarkleursel wat spesifiek ontwerp is vir die ouer vrou om grys hare weg te steek. Dit hou glo langer as die gewone, tot tien weke. Dalk moet jy dit probeer, dan hoef jy nie jou hare so dikwels laat kleur nie.”
Die kyk in haar oë is kil soos die winterwind oor die knersvlakte, daai wind wat ‘n boklammer hier onder sy ma se blad laat verkluim. Die ysigheid sak soos ‘n onheilsgevoel uit ‘n Stephen King horror novel oor my toe.
“Jy is darem slim so vroeg in die oggend” Haar woorde sak soos swart ryp op my toe.
“Jy het nou raat vir my grys hare, is daar nie dalk iets vir jou bles nie?”
Vandag is ek weer betyds by die werk. En nog ‘n lang naweek lê voor.
Oepsie!
LOL!!
Lmga! Mens sou dink dat jy teen hierdie tyd al van beter weet!
Hi Thomas, klein glipsie ja!
Hi Hutton, thanks for the visit!
Hallo Ghaap, jy van alle mense sal weet!
Annemari, dinge lyk beter,heelwat beter!
Hallo Lettie, ja nee, wees maar versigtig wat jy sê
Ek leer nooit nie, Katrina!
Hi Therina, ja nee dom sebore!
En die winter is juis aan die bekruip, Mev Lee!
Eish, Lewies leer maar stadig…