Repliek: Ikonoklastiese fundamentalisme

So sit ek in die laatsomer sonnetjie en mymer oor Oupa se wyshede. Die son eis sy tol en ‘n man word dors.

“Vroukie!! Bring daar vir my ‘n bier en ‘n bakkie peanuts!!” Nie asseblief nie, die is ‘n opdrag, in die gees van Oupa se wysheid nr 6, Die man is die hoof van die huis. “Ek het nog g’n nat of droog oor my lippe gehad nie”

“Natuurlik nie, “roep sy êrens uit die huis”jy sit nog die heeldag op jou gat in die son en droom oor jou oupa se slimmighede. As jy bier wil hê, lig jou gat en gaan haal dit self. Dis in die yskas, vir ingeval jy nie weet nie. Maar ek sê jou nou, as jy weer gesuip raak, slaap jy nie vannag in my bed nie!”

Haar stem is skerp soos lemmetjiesdraad, soos die geklief van ‘n horssweep in die yl maanlig op ‘n koue Karoonag. Dit voel of die spookmeisie van Uniondale my haar in ‘n omhelsing neem.

Ag ja, lang naweek, lang naweek voorwaar.

20 thoughts on “Repliek: Ikonoklastiese fundamentalisme”

  1. Pruim,daai meisie se omhelsing is so koud soos ‘n marmerstandbeeld van Moeder Maria op die Piazza del Nocte della Alma Mater in die middel van die winter!

  2. as jy nou slim is…. vergeet van ‘Oupa’ se gesegdes… lig jou ‘holle’ en gaan koop ‘n bottel vonkelwyn … leees die sexfairy se wyshede , deel met vroulief.. en siedaar…. jyt ‘n engel vi ‘n vrou en ‘n duiweltjie in jou bed…

  3. As jy jou kaarte reg speel, kan jy dalk more weer laat wees vir werk!(Tsaaag, more is mos Saterdag – ok wag tot vlg week, hehehe!)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s