Dagsê Grootseun!!

15:08, Woensdag 15 April 2009

In hierdie hoek Dames en Here, met die bos swart hare, teen 3,44kg, Liam Enso Ferreira Bohotha!!!
En in hierdie hierdie hoek, die wêreld, met al sy vreugde en al sy verdriet.

Mag jy tot volle selfverwesenliking kom, Liam, mag die waarhede van die lewe aan jou ontbloot word, mag jy groei in  gees in die aangesig van die wêreld se aanslae, mag jy ‘n man onder die manne word!

(En mag jy jou pa net soveel kak gee as wat hy my gegee het!! Aag ok, en net soveel plesier!!)

Aan die ouers, Chris en Hanlie, moerse!! Julle is ouers duisend! Aan ousus Mira, moenie lat hy jou boelie nie, roer hom !!

Soli deo gloria. 

23 thoughts on “Dagsê Grootseun!!”

  1. Dankie Therina, natuurlik is daar spore van sy oupa se gelykenis (nie die hare nie!) Sal hom opvoed oor daai ding van Ken jou Vrou!

  2. Baie geluk vir julle almal. Ek onthou my eerste dag as ‘oom’. Kan nie wag om eendag ‘pa’ te wees nie. Maar ek dink die heel lekkerste is ‘oupa’.

  3. Ag cool man! Ek het die 9de vir die tweede keer ouma geword, weer ‘n dogtertjie. Ek het net die dogter en die seuntjie (wat 16,5 jaar verskil). Ek wens jy kon sien hoe bly/verlig my seuntjie was toe hy hoor sy sussie het NOG ‘n dogtertjie gekry. Ek dink hy het diep in sy hartjie ge-“panic” dat indien dit ‘n laaitie sou wees, daai een voorgetrek sou word en hy vergete sou wees! Ai kinders darem! Jissie dis ‘n bul van ‘n oukie! My kleindoger was maar 2,63Kg!Baie geluk OUPA!!!!

  4. Thanks Mam Parra–nadat ek vir die eerste keer oupa geword het, het ek begin verstaan hoe mens weer kinds (kens!) kan word!

  5. Therina, op die foto wat ons gekry het is die outjie wragtag nie mooi nie! Sy gesiggie is nog erg verwronge, hy lyk skoon gatvol vir dit wat hy hier aantref! Ons wag vir ‘n foto waar hy meer presentable vertoon!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s