So staan ek vanoggend voor die spieël en skeer. Ek mymer verwonderd oor die geboorte van ons eerste kleinseun, die vierde kleinkind. So ‘n wasigheid kom oor my oë, soos ‘n werfhoender wat sy oë van onder af knip. “Aag fok ” sê ek aangedaan. Die skeerseepborreltjies spat teen die spieël by die plofklank. Vroukie kom juis toe by die badkamer in en vra “Hoekom praat jy so lelik? Dis nog vroeg in die oggend. “
Mans kom van Mars en as jy jou safte kant wys dink mense dalk jy is ‘n moffie.
“Demmit (lekker neutraal né, niks swetsery nie), hoe brand die bleddie skeerseep my oë. Nee. ek dink sommer hoe mens by die mylpale van die lewe verbygaan, hier is ek nou al vir die vierde keer oupa, die ouderdom blaas in my beplooide nek. Een van die dae is ek ‘n pensionaris wat Woensdae afslag kry by Game. Fok,” glip dit uit voor ek kan keer.
“Maar dis mos lekker om oupa te wees,” sê sy. ” Jy sê altyd so. En buitendien, Skapie (!), jy is ‘n lekker oupa, vol lewe” Haar stem is ryk en sensueel, soos rum wat in glas geskommel word, verleidelik en beswymend. Die laaang naweek is verby!
En toe kom ek weer laat by die werk.
Jy sal moet vinniger werk!Netnou word jy gefire..lol
Hallo, Lewies. Dankie vir jou kommentaar.Lekker naweek!
ek lag lekker as jy so brêg , ou bliksem , hehehehe
10% afslag by Game is nie te versmaai nie {-;
Ek dink jy mag maar (laat kom by die werk) …
Hi Lou, en ek blaas al juis soos ‘n moeg hond!
Dankie Berwick, dieselfde daai kant!
Wishful thinking, Pruim!
Hallo Strandloper, ek het daar by jou in Parys gaan inloer!
Hi Flenters!
Hi Annemari, dankbaar vir klein gelukkies jong!
Dankie Therina, daai kant ook!
Jis Klarisabet, teen die tyd in jou lewe wat jy daai afslag kry het jy al alles wat jy nodig het! Dan begin jy aflaai by Hospice!
Hi DsP, wat is op die spyskaart, behalwe steak? Jou skrofgat!
En jy hoef nie eers te gesing en dans het vir daai laat kom nie!
Hi Elmarie ! Ja die bleddie laatkommery!
Hallo Plesierig, daai jive kom natuurlik!
Haha Lewies ek geniet hierdie braggery van jou en jou oggend rituele vreeslik!!
Hallo Tronkie, ek het dit al êrens gesê, maar ek is moer bly jy is terug!
Jy is reg Mev Lee, ek sal moet roer om by te bly!