Nostalgie

Om geen besondere red nie dink ek netnou terug aan ou Garzouzie se winkel in Kroonstad waar ek grootgeword het. Die ou het altyd met sy gebrekkige Engels gesê “I am so glad because you are so happy”.  Een dag het ek die ou verkeerd verstaan. Hy vra my “In what standard are you?” Met sy snaakse aksent en my boertjie Engels, ek was so tien jaar oud, hoor ek hy sê “I’ll thunder you” Ek het gehol dat my kniekoppe klap.
Antie Stapie (natuurlik Stapenberg) het in die winkel gewerk. mens bel haar en gee jou bestelling. Geduldig skryf sy elke item neer terwyl die sigaretrook dwarrel, en nie baie lank daarna nie kom lewer die boy dit af met sy fiets. Ek onthou kondensmelk het 18c gekos.
Toe kom die OK en Checkers en ou Garzouzie se winkel maak toe.

Advertisements

8 thoughts on “Nostalgie”

  1. Dag Lewies, ek het elke jaar by my Ouma op Kroonstad gekuier in daai jare, ek onthou nog die ou winkeljie, ons moes maar altyd die briefie vir hulle vat vir die “groceries”. Onthou jy die “foefieslide” by die rivier. My Oupa was die ou wat al die sandsteen gekap het vir die huise daar. Hy was vd Merwe van die Reitzstraat se vd Merwes, Tienie, Attie, Tool en Willie was my ooms, Baby, Lettie en Bettie was my tannies. Nou net met my oudste suster gepraat, sy’s nou 60, ek 55 en sy se my die meer as 40 jaar gelede. Ek is Mamparra se man

  2. Hi Badnews, ek het al van jou blogs gelees,meestal die lekker dishes waarmee jy jou familie verras! Ek het in 1967 matriek gemaak aan die Blou Skool, ek wil my verbeel ek onthou ‘n Attie van der Merwe, maar dis geskiedenis se tyd!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s