Here comes the bride…

Ek en Vroukie is more ses en dertig jaar getroud, met mekaar. Ek wil graag vir haar blomme koop, maar ek is bang dat ek dit dan elke ses en dertig jaar moet doen. Ek dink ek vat haar more-aand Spur toe, daar is ‘n special, koop een en betaal vir twee.

26 thoughts on “Here comes the bride…”

  1. Cheapskate Oom … jy gaan beslis nie more-aand ‘honeymoon herdenk’ as jy die Spur oorweeg nie …Toe-ma, toe-ma … ek weet jy trek ons lededmate!Geluk (sê ook vir die Miesies)

  2. Baie, baie geluk! Dit is voorwaar ‘n mylpaal! MAAR as ek 36 jaar met my man getroud is en hy vat my spur toe vir die koop een kry een gratis – skiet ek hom vrek!!!! 🙂

  3. oooooooooo hoe romanties!!! as jy slim is kry jy ‘n ‘koolaid met ys’…. gratisgiggel!!.. baie geluk… voorwaar voetspore om in te volg.

  4. Wow!! Veels Geluk Lewies en vir ma by die huis ook. Mag julle volgende 36 jaar mooier en ryper wees en gevul wees met geen argumente maar baie drukkies en soentjies!

Leave a reply to johandonene Cancel reply