Anniversary

 

Die anniversary viering het toe ietwat anders afgeloop as wat ek beplan het. Ek was van plan om so ‘n half uurtjie voor tjaila tyd gou blomme en ‘n geskenkie te gaan koop, maar dit was so ‘n bedonnerde dag by die werk dat ek net by die blommekopery kon uitkom. Ek moes die hele ding seker beter beplan het, ek het immers ses en dertig jaar gehad om dit te doen! Ek en Vroukie is egter nie baie gepla oor geskenkies en goetertjies nie en ek sal wel opmaak en haar by geen besondere geleentheid verras met iets (voor die volgende ses en dertigste herdenking).

Ek het twee moerske bosse blomme gekoop, gerwe, as jy die omvang beduie raak jy met jou vingertoppe aanmekaar en beduie met jou handpalms na buite. Net voordat Vroukie by die huis kom van die werk af het ek die blomme in ‘n ou verweerde wit enemmel emmer gerangskik en dit op ‘n krullerige ysterstaander staangemaak. Nogal mooi dink ek, van alle pretensie gestroop, so Franse plattelands, provencaal, soos in Garden and Home. Vroukie was heel in haar noppies. (Mmm, positiewe vibes, Lewies, bestuur die saak nou net reg en bingo, oom Bob’s your uncle!)

Sy had self ‘n dag met uitdagings by die werk en na bietjie dink oor uiteet (nie by die Spur nie!) besluit ons om tuis te bly en self iets aanmekaar te slaan. So sit ons toe daar om die kombuistafel met ‘n glasie rooiwyn in die hand en Pamela, die werfhond hier by ons voete en dwaal-droom down memory lane. En ek dink, as ek nou gepaste geluide van waardering maak, kan ek net big time score. “ Jy weet Vroukie, gedurende die ses en dertig jaar van ons huwelik het jy my maar min kak gegee” (nee, ek sê dit nie, ek dink dit net!) Maar ek het ‘n les geleer nadat ek my bek al ‘n paar verby gepraat het, en dit kom toe uit as “Jy weet Vroukie, gedurende die ses en dertig jaar van ons huwelik het ek net liefde, vreugde en plesier van jou ontvang” Sy kyk na my en daar is ‘n twienkel in haar oog, en toe…

Nee magtag, ek kan mos nie alles vertel nie!

(Skies vir die kwaliteit van die foto!)

Advertisements

17 thoughts on “Anniversary”

  1. En toe hoef jy nie eens ‘n verskoning uit te dink vir laatkom by die werk nie {-; Geluk met die 36 jaar. ‘n Leeftyd…

  2. Lewenslank! Toe hulle vir Henry Ford op sy 50ste huweliksherdenking vra wat die geheim van sy gelukkige huwelik is, was sy antwoord: “Just stick to one model.”

  3. Veels geluk met 36 jaar se uithou, aanhou en bekhou. Was ook in Februarie 36 jaar getroud, en dink Liefie moes eintlik ‘n medalje gekry het …

  4. Hi Pruim, Ons het dit jare gelede by ‘n uitstalling van die Waterverfvereniging van SA gekry. Nog nooit weer iets van haar gesien nie.

  5. Baie geluk Lewies! Ek het eenmaal ‘n Ingelsman gevra wat sy geheim is vir hulle lang en gelukkig huwelik. Sy antwoord was: “Just keep your head down!”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s