Die aartappelboer

Ek is nie ‘n Jesus freak nie, en het nog altyd van kleintyd af moeilik vrede gemaak met die dogma van die kerk. Angus Buchan is vir my ‘n fenomeen soos die Amerikaanse en deesdae Nigeriese evangeliste. Dis natuurlik ‘n stelling wat my oopmaak vir die religieuse fundamentaliste se vermakerigheid :” Ons sal sien as Jesus kom wat met jou sal gebeur!” Come to Jesus or go to hell. Ek hou nie van Buchan se slegs mans styl nie, ek hou nie van die alleenreg wat hy op Jesus kleim nie, ek hou nie van die manier waarop hy sy boodskap aanbied nie (toegegee, op laasgenoemde is ek hoorsê aangewese op beriggewing en TV nuus berigte). Die feit dat hy tydens sy onlangse Mighty Men (sic) byeenkoms/show? ingekonk het agv ooreising maak dat ek al hoe minder vat aan sy uitsprake kry. 
Aldus Rapport het hy nog pushups op die verhoog gedoen tydens sy preek. (Ek hoop werklik dit is valse beriggewing).
 Nietemin, ek staan verstom dat 200 000 + mans opruk na sy evangelisasie veldtog, dis vir my bemoedigend dat soveel mense hulle self Christene noem. dalk maak dit êrens ‘n verskil in hierdie geweldgeteisterde land van ons. Daarby sluit ek ook huislike geweld, padwoede en plein ongeskiktheid in. Mag die 200 000 uitleef wat hulle daar gehoor het.
Dis my beskeie mening. Daar is seker meer as 200 000 wat van my sal verskil.  

Advertisements

28 thoughts on “Die aartappelboer”

  1. Ek wil graag die eindproduk sien… Mans wat regtig gaan iets leer het uit di ondervinding . Ek weier om Angus aftemaak as enige iets anders as ‘n mens….Wat ‘n verskil probeer maak. Tyd sal leer….

  2. Lewies, ek weet nie eintlik wat om van dit alles te dink nie. Maar die spesifieke voorval met Angus die naweek was vir my net bietjie te dramaties.

  3. Ons is leierloos.My laaitie Joe swot sielkunde en sy 4de jaar prakties moet hy spandeer by ‘n rehab sentrum waar mense bekeer moet word of moet waai.Hy het daarteen geskop maar spot nou dat dit vir hom lekker begin raak om die mense so op te sweep en as hy klaar geswot het gaan hy sy eie sekte begin.Hulle die Joe-va’s Getuienis noem…

  4. Miskien is sommige kerke te veel besig om te filosofeer en te dogmatiseer dat hulle die mense verloor het. Kyk na die huidige debat in die NG Kerk. Miskien ht Angus iets beet tov terug na die basiese. Ek weet nie. Ek vra maar net.

  5. Hi Elza, ja, vir seker probeer hy ‘n verskil maak, maar ek stem nie saam met sy metodes en die show daaromheen nie.

  6. Die rede vir die man aleen meeting was vir praktiese redes. Ablusie nie geskik vir dames. Koerante verdraai feite. Dis hulle job.

  7. Hallo Harry, as Angus en sy organiseerders so begeesterd is, kan ‘n plan seker gemaak word. Maar goed, laat die ouens wat dit bywoon dan terugbring wat hulle daar hoor.

  8. Ek was daar en ek het op pad terug ook die Rapport gelees. Dis regtig jammer dat ‘n storie so dik aangemaak kan word in die media. Maar nou ja, ongelukkig verkoop sensasie in Suid-Afrika.Ek is bly jy lig jou opinie Lewies, ek het ook vir jare soos jy gevoel oor kerk dogma. Maar ek het toe agter gekom dat ‘n kerk nie van jou ‘n christen maak nie, dis slegs ‘n plek om van die Here te leer en Hom te aanbid saam met ander christene. Christenskap vir my gaan oor ‘n verhouding met God. Ek is wel nou bevooreg om deel te wees van ‘n dinamiese gemeente waar ek werklik tuis voel en betrokke is. Oor jou stelling “Come to Jesus or go to hell.” Dis hartseer dat mense so maklik oordeel. Een van die beginsels van christenskap is dat slegs God die reg het om te oordeel (lees byvoorbeeld die verhaal van die vrou wat met owerspel betrap is in Johannes 8) Ek is nie ‘n voorstaander van geloof in iemand se keel af druk nie, dis ‘n persoonlike keuse wat gerespekteer behoort te word. Daar stem ek met jou saam.Ek is een van daardie 200 000, en ja ek verskil van jou mening en die van die media oor Angus. Maar ek respekteer dit, gegewe die bron van inligting. Ware vryheid bepaal tog dat jy geregtig is op jou eie opinies en gevolgtrekkings.Vrede vir jou Lewies!NS: Ek is spyt ek het nou eers jou blog ontdek, sal definitief weer inloer.

  9. Hallo Deon, dankie vir jou kommentaar. Dis die wonder van verdraagsaamheid en naasteliefde, dat ons in vrede van mekaar kan verskil.

  10. Ek weet nie wat Angus regtig doen nie maar my swaer was op laasjaar se ‘Mighty Men’ ding en daar was toe so sestig duisend manne. My swaer het werklikwaar ‘n groot verandering ondergaan en het selfs ophou drink en dit hou noual vir ‘n jaar. So vir daardie klein wonderwerk kan ek oor getuig en net dankie se vir Angus of wie of wat deur hom werk as dit so is…

  11. Ai Lewis ja hy het gepush-up. My manlief was da. Ek het hom noggie gehoor gesels net sy faith like p movie gekyk. Wat my opgeval het in die movie is hoe hy telkens as iemand hom die prys wil gee dit dadelik aan God toeskryf. Hy bly regtig in ‘n ou gehuggie en ry geen fancy motor nie! dit maak hom vi my anders.Die doel met die net manne ding is hy se dat die man aan die hoof van die huis is …wat so is *vrouens is nie onderdane nie maar “helpers! Maar hel het vroue nie al gesukkel om hul bulle te kalmeer nie en as die oom dit reg kry goed en wel. Ek weet dat jy slegs 1 keer jou hart vir die Here moet gee en waarlik glo en dat jy dan hemel toe sal gaan en dat ek ‘n Goeie God het wat my sal vergewe. My man…wat maar hou van sy Wipskey se dit het hom opgeval dat da so baie mans was en nie een onneronsie nie, ek bedoel in ‘n kuierplek as ‘n ou se hempsmou net die ander raak dan wil hulle boks! “n mens moet ook versigtig wees vi di Hype en dan die down as jy terug is. Gelukkig is ons in ‘n kerk wa mens al die goed voor die tyd weet en jy oop oe en hart in ‘n ding in stap! Ek dink my bokka het maar soos hy met alles doen gegaan en die goed van die kaf geskei en net gehou wat hy voel waar en so is (moet jou seg die omie het ‘n paar dinge aangeraak wat ons die afgelope tyd in ons kerk ook mee doenig was 😉 So weet mens maar in jou hartwat reg en wat af is…

  12. Dis ongelooflik om te sien dat soveel mans opstaan vir hul geloof, en ek respekteer dit. Ek sal dit ook nooit afkraak nie.Ek het GEEN probleem met mans(mense) wat opstaan vir dit waarin hulle glo nie. Ek het wel klein issues rondom die oom se manier van werk. (Nie met sy werk self nie, maar die manier waarop hy dit doen)Dan ook, almal is geneig om te glo dat die Faith like Potatoes DVD wonderlik was. Ja, hy was, en ek geniet dit nou nog om hom te kyk; ek geniet die hoendervleis oomblikke daarvan. Maar ek het ook die boek gelees, voor die DVD uitgekom het. En daar is ‘n stuk in daai boek wat heeltemal dwars steek met wat in die DVD wys. Dit is nie eens in die DVD nie. Ongelukkig te veel om werklik hier te skryf, maar sy besoek aan Skotland, soos beskryf in die boek: hy is genooi om daar te preek vir iets soos 6 weke. Iewers kort na sy aankoms het hy sy rug seergemaak, en kon hy nie een preek hou nie(Seker nog nooit gehoor van sit en preek nie).Hy het egter allerhande kastele en katedrale en feeste en goed kon bywoon, selfs deelneem, maar sy rug was te seer om selfs een enkele preek te lewer.Nee my oom, kopseer werk dalk vir vrouens, maar hierdie rugpyn was net bietjies te dik aangemaak na my smaak.En ja, ek bid dat die Here my sal vergewe indien my siening verkeerd is.

  13. Ja Kobus seg ons Pastoor toe mos nou die dag die ingewikkelde goed lyk vi hom of ons onner die knie kry maar ai die basics!

  14. My groot issue is ook, wat gebeur as die groot “hype” verby is, en jy skielik met geen ondersteunings stelsel terug gesit word in die werklikheid… Gaan daar genoeg wees om daai ouens bo te hou? Staande te hou? Ek praat nie van die gelowiges wat gegaan het om “kos” te kry nie. Ek praat van “first timers”. Daai outjies wat saamgesleep is onder dwang, en in die “hype’ van 200 000 mans tot bekering kom. Great, en prys die Here daarvoor, maar gaan hy genoeg ondersteuning kry as hy terug is by die huis? As hy begin terugval? Mens kan ook net SOVEEL ondersteuning bied aan 200 000 mans. Uit ervaring weet ek, Christene is vinnig om mens tot bekering te bring, maar dan geneig om te sê “Ek het my werk gedoen, nou is die res in jou en God se hande.”Maar ja, soos jy sê, om met ‘n oop gemoed te gaan…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s