Geronimo!

 

Geronimo!

Ek en Vroukie ry vanoggend Kroonstad toe om vir die Club Octogenarian te gaan kuier. Die klub is nou al sleg uitgedun, nog net Skoonpa en my tante. So ‘n entjie naby die ouetehuis haal Vroukie haar lipsel uit. n Duiweltjie kom sit op my skouer. Net toe die stiffie haar lippe raak, rem ek skerp. Die lipsel trek ‘n dik, bloedrooi streep van haar mond verby haar oor tot amper teen haar haarlyn. “Pot shot” gil ek plesierig. “Dit lyk nes Indian war paint!! Chief Sitting Duck op pad na die Alamo! Kyk net!” skater ek uitbundig. Sy klap die smukspieëltije af en kyk. Sy kyk lank. Sy sê niks. Dan praat sy. Haar stem is onheilspellend, warm soos ‘n leeuwyfie se asem as sy haar prooi beskerm teen die aasdiere, gekrui met die peperwoorde, soos sterk Bombaai beeskerrie.

“ Lag vir jou bliep man! Hoe de bliep moet ek nou die bliepse goed van my gesig afkry? Partykeer is jy ook maar bliep eenvoudig!”

“Ag Vroukie, dis net ‘n grappie!! Moet nou nie oorreageer nie!”

“Grappie se bliep bliep man! Small things amuse bliep small minds!”

Hierdie gaan ‘n lang kuier wees, en dit nogal by haar pa. Twee teen een.

Vroumense het ook g’n sin vir humor nie!

4 thoughts on “Geronimo!”

  1. HAHAHA!!Ag, ek wou nie lag nie, Vroutjie kan maar diep die bliepsem in wees…hoop haar lippies bly dun!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s