Nadat ek en Vroukie mekaar so ietwat misverstaan het gister, (sien my vorige inskrywing) sit ek gisteraand in die woonkamer en lees.Die atmosfeer is so effe stroef en gespanne, kommunikasie gereduseer tot noodsaaklike eenlettergrepige woorde. Stywe lippies, soos van my blogmaters sê.
Hier teen slapenstyd kom Vroukie die woonkamer binne. Daar is iets vreemds aan haar voorkoms maar ek wil nou nie opmerklik na haar kyk nie. Daar heers immers ‘n atmosfeer tussen ons en my strategie is een van stilstuipe. “ Ek gaan nou slaap,” sê sy. “Ons kan nie in onmin die dag afsluit nie” Met die vat sy my gesig in haar hande en gee my ‘n paar lang en innige soene op my bles en hier op die voorkop. Voor ek kan reageer draai sy om en stap uit. Belangstelling begin onmiddellik opflikker. Is alles nou verby? Is ek vergewe? Gaan ons nou hartstogtelik opmaak? Sal nie weet as ek nie uitvind nie. Toe ek so in die spieël kyk om die nagtelike gesigwassery te doen, besef ek opeens waarom sy so half vreemderig gelyk het. Haar lippe was bloedrooi van die lipsel, daai lipsel wat my bles en voorkop nou soos Valentine’s geskenkpapier laat lyk, vol rooi soen afbeeldings! Die lipsel so dik en kwistig soos impasto op ‘n beginner skiildery. Hoe gaan ek hierdie liefdespatroon afkry voor more se kerk? Seep? Handy Andy? Zeb Oven Cleaner?
Slinks, geslepe, Delilah!
Lewies, die opmaak bly maar ‘n lekker ding. Geniet die Sondag en sterkte vir die week – as jy nog werk. My geliefde gaan môremiddag vir die week Johannesburg toe vir haar werk. Maar ek kan die mas op my eie opkom.
Ja Kobus, ek is nog in die tuig. Ek moet more Mafikeng toe vir twee dae, sien nou nie juis uit daarna nie.
Baie snaaks, Lewies – hierdie en Geronimo!
Serves you right!Ja, probeer bietjie daai Zeb, dan laat weet jy ons hoe het dit toe gewerk…
Hehehe, mansmense het ook g’n sin vir humor nie!
o die blou son die gat jou brand ……..
Haha, was daar lipstick op die dipstick….LOL
haha, toe vang slim sy baas! hoe het jy dit toe afgekry?
Ag, te oulik van haar! 🙂
Ek hou baaaaie van jou vroulief. Lewies. Probeer staalwol saam met die Zeb.
Sweet revenge! :-))
nou rus jy darem te lank
He,he as siestog. Gryp die seep!
Elke hond kry sy dag, Annemari!
Hi Berwick!
Hi Ffion!
Hallo Klarisabet!
Aweregse humor, Kelkie!
Hi Bloues!
Hi Miesies Lee! How are thee!
hi Zeppie, I wish!
Hi Prinses! daar is maniere!
Hallo Creme Soda!
Hallo Tronkie!
Net so Thomas!
Hallo Doekvoet!
Injury on duty, Bloues!
Hallo Tweeling!
Hehehehe…. ja nè… hoop die opmaak was die rooi lipstiffie werd!!!!Re. jou komentaar by my, Nee jong ek het net gekeer dat die damn muis nie verby my knie gaan nie, hehehe…. die broek was styf maar nie so styf nie!!!:>)))
altwee die episodes is vrek snaaks.