Lewies vaar oos

So ‘n jaar gelede is ek en Vroukie op ‘n Italiaanse plesierboot op ‘n vaart in die Mosambiekkanaal. Dis die kaptein se gebruik om deur die dag tussen die passassiers deur te beweeg en dan ‘n groepie te nooi om die aand aan die kapteinstafel aan te sit vir ete. Dit is nogal ‘n groot eer en voorreg om so uitverkore te wees.

So stap ek en Vroukie laatmiddag op die dek. Toe ons by die agterste boeg kom, loop ons ons vas in die kaptein en een van sy offisiere . Hulle steek soos een man vas, asof op ‘n onhoorbare bevel. Hulle het spierwit uniforms aan, langbroeke met kortmou hemde.Op hul skouers is swierige epoulette, die kaptein s’n versier met goue ankers en sabels. Hy kyk woordeloos na ons. “I am Capitano Mario Salvati”, verbreek hy dan die swye. “Buona sera signor e signora”

Hy klap sy hakke flink teen mekaar en draai na Vroukie. Hy maak ‘n effense buiging en neem haar hand galant in syne en soen haar op die rug van haar hand. Hy kyk op na haar, en glimlag dat sy tande glinster teen sy swoel gelaat. Vroukie glimlag lieftallig en sê “ Enchantee, mon capitaine” “Fok Vroukie, dis Frans!” “Toemaar, hy verstaan”

Nou stel ons onself voor. “I am Lewies”

“No no no, on my sheep you issa Luigi! Nice Italian a name. I wanta you anda your beautiful wife to joina me for da dinner atta Capitano’s table. We will have a frommagio, insalate verde, pasta carbonara anda crayfeesh, and fora dessert, gelato di cioccolata!”

Hy klap sy vingers. “Giovanni, do we hava special wine forra bella donna?”

“Si, Capitano”, antwoord Giovanni. “We still hava Mausoleum Rubicon anno Domini due millequincento”

Die kaptein kyk vererg na Giovanni en gee hom dan ‘n stewige oorveeg teen die kop. Donk!!

“Stupido!! Imbecilio!! You haffa no brain!! Say “Cray…feesh”

“Cray..feesh! O, excusa Capitano, por favore. It is da feesh!! We drinka da white wine wida feesh. We hav da vino blanco della Camponara di Stefano Gampi.”

“Excellentio!” hy gryp Giovanni aan die wange en knyp dit tussen duim en wysvinger dat sy oë traan “ Bravo! bravo!! Putta inna cooler, room temperatura, 22 degrees Celsio. Notta 38 lika stupido restaurant inna Pretoria. Pronto! Pronto! Andante tempestuoso!”

“Si Capitano!”

Met die woorde spring Giovanni weg en hol teen die trappe op.

“Belissima mia” sê die kaptein op ‘n sangtoon vir Vroukie ,“We will meet atta Capitano’s table”

Hy soen weer haar hand en sê gevoelvol “Che gelida manina” As hy haar hand los, rus sy oë lank op haar halslyn. So ‘n bliksem! Dis mos hier waar Vroukie se lyftaal hom moer toe moet stuur, maar aikona, daar is ‘n ligte blos in haar nek en sy kyk hom skalks aan. “Enchantee, mon capitaine”, sê sy.

“Arrividerci carissima” hy blaas nog eers ‘n soentjie in haar rigting en draai dan om en trippel die trappe uit. Maar dan trap hy die boonste trappie mis en slaan op die dek neer. As hy opstaan roep hy “Giovanni!! Stupido!! I told you to fixa da fokken step! Vene, vene , simplicio!!” Donk! Donk!

“Fokkit Vroukie, die bleddie man loer tot amper by jou naeltjie in jou cleavage af!! Wat is dit met jou!”

“Wat is dit met my? Dalk is daar iets aan my wat hy mooi en misterieus vind”

“Ja, dis jou…dis jou…”

“Wat nou Luigi? Is jy dalk bietjie jaloers?” Haar stem is speels en ondeund. ‘ Mon capitaine het maar net ‘n bietjie aandag aan my gegee, wanneer laas het jy my hand gesoen, of ‘n soentjie gewaai, of in my cleavage afgekyk tot by my naeltjie?” As sy na my kyk is daar ‘n twienkel in haar oë.

“Je t’aime” sê sy.

Ja, en toe daag ons laat op by die Capitano se tafel, darem betyds vir die Italian Kisses!

29 thoughts on “Lewies vaar oos”

  1. Ek het ook skooltoer op ‘n Italiaanse boot gehad en dis klassiek geskryf. Daar was ‘n kelner Gigi, wat so met my meisie geflankeer het, ek was magteloos. Goeie blog.

  2. Briljant!!!Nou onthou ek my trip Europa toe in 1973 Kersfees – ook Italiaans – Die Europa.Ons het vir Lello, ons kajuit bediende (?) geleer om in afr te vloekMeeste pret in my lewe!!

  3. HahahaMet ons trippie het my vroutjie met die Kapteins aand siek geword en ons het die doe gemis en op die dek gesit en varslug geskep, en ek het maar net gehoop iemand skrik nie hul melk weg nie en dink daar is ‘n spook op die skip nie…want vroutjie was wit soos ‘n lanken.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s