Aan Vadersknie

 
So sit ek gistermiddag hier op die agterstoep met ‘n beker koffie na die dag se dinge. Buurman Van der Merwe hier agter is besig om ‘n afdak op te sit. Hy is ‘n boilermaker op die myn en heel bedrewe met sweis en staalwerk. Sy twee seuns, Shawn, so sestien se kant, en Jean – Jacques, heelwat jonger, so ses, sewe, help.

Buurman is bo-op ‘n leer, besig om te sweis.

“Sjon!”

“Nja Pa!”

“Gee vir my die flux hammer aan!”

“Huh Pa?”

“Die flux hammer, gee hom vir my!”

“Nja Pa!”

“Dis nie die fokken flux hammer nie! Gee vir my die fokken flux hammer!”

“Sorry Pa, ek dog dis die fokken flux hammer!”

“Boetie, ek gaan vir jou bliksem as jy so vloek! Dis daai een wat lyk soos ‘n pik”

“Sorry Pa, hier’s hy Pa”

Tjing tjieng tik tik.

“Sjon!!”

“Huh Pa?”

“Gee daar vir my ‘n 7mm welding rod”

“Huh Pa?”

“Gee daar vir my ‘n 7mm welding rod”

“Nja Pa!”

“Sjon, ek het gese 7mm, hierdie rod is te fokken dun”

“Sorry Pa, ek het gedog dis ‘n fokken 7mm”

“Boetie, ek gaan vir jou bliksem as jy so vloek! Kyk daar in die toolbox.”

“Sorry Pa, hier’s hy, Pa”

Bzzzzzt!!! Brrrrt!!

Nou maak Ma haar opwagting met Coke.

“Hier’s vir julle Coke. Ai, my groot seuns werk so hard saam met pappa. So leer julle al die dinge van mansmense, ne Jean Jacquekie?”

“ Ja Ma” antwoord die kleinste.”Ek het vandag al fokken baie geleer!”

Advertisements

40 thoughts on “Aan Vadersknie”

  1. lekker gelag…laat my dink aan die mense wat so raas buite die kerk terwyl dominee bid…een van die susters van die gemeente stap na buite op stoep en skree kwaad vir die wat so raas: “Shut up julle, kan julle nie hoor die dominee f*kk*n bid nie!

  2. Lewies dan moet jy ‘n Namakwalander en sy seuns hoor… (wel party mammas ook) F***n is ‘n mild woord in die klomp se woordeskat.

  3. Uitstekende lagstorie Lewies. Laat my dink aan toe ek my pa die eerste keer die F woord hoor sê het. Vinger met ‘n hammer raakgeslaan of iets. Ek was nog op daai stadium wat jou pa die held was en niks verkeerd kon doen nie, so dit het nogal as ‘n vuishou in die maag gekom. Nou (as ek die woord so maklik gebruik) wonder ek hoe hy dit so lank van my kon wegsteek.

  4. Onthou iets van ‘n appel en ‘n boom….Ja, hulle leer gou. My seuntjie het “stupid” by sy ouma opgetel en hy weet presies wanneer om dit te gebruik.Dankie vir die inloer daar op my blog. Laaik jou stories.

  5. As mens ouer word dink jy mos altyd jy het gesuffer, die jonges het dit makliker as wat jy dit gehad het!

  6. Die blog en die kommentare van ons ou volkie gelees … dis regtig jammer dat hulle se lelik praat … nie by een van die gebruikers van daai woord het ek gesien dat hulle die nodige gevoel daarin sit asof hulle dit werklik bedoen nie. Baie lekker gelag, baie dankie!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s