Ek is nie ‘n Bulls fan nie, nie eens toe Mannetjies Roux en Frik du Preez vir die ou Noord-Transvaal uitgedraf het nie, maar as ek vanaand brandewyn gehad het sou ek brandewyn en coke gedrink het as ek coke gehad het. Mooi so Bulls, volgende week is ek weer saam met julle! (Eina, maak seer om dit te erken!)
Hoor hoor! van ‘n Shark wat moet erken dat die beste span verlede week gewen het …
Ons vergewe jou die keer, en dalk volgende week, maar daarna – watch it!!
Hi Rosa!
Ek het al probeer, maar dit is verraad!Ek kan nie! Ek is ‘n verplante Vrystater!
Ek stem Doffie! En nie net oor sy 4 en ‘n half skepskoppe van vandag nie.
Juffrou moenie so vir my met die vinger wys nie!
Maklik vir jou om te praat. Jy sit in Potch en ek sit weer met ‘n klomp dronkgat raserige bure vanaand. Dis hoekom ek elke keer wens dat die Bulls verloor, want dan is Pretoria stil. Die Bulls mag dalk goed speel, maar hulle ondersteuners toon nie dieselfde klas nie.
Jammer, sulke ouens maak die game se naam gat.
ja gister was my huis blou , al moet ek dit ook in skaamte herken en erken …….. en daai Spies kan rugby speeeeeel!
“Vrystaat” !!!!!!!
π
Welkom in die Bull Ring Lewies! :-))
Spies was skerp, Bloues!
My ore sing na al die jare nog steeds van daai kreet, Duracell!
Hi Berwick!
Net tot die Curriebeker begin, Thomas!
my bloed is blou…. maar ja een ding van die super 14.. dit bring tog almal ( soort van ) aan een kant bymekaar ja?