Kaapse draai

Hie in die Lewieshuishouding is daar ‘n ligte opwinding, soos ‘n lui Vrystaatse dwarrelwind wat van ver af aankom en al hoe sneller begin dartel en draai. Onse koppe staan Kaap se kant toe, na ons kinders wat hulle daar ter plaatse in die land van die Visvoete gaan vestig het. Daar het hulle Bybels vermeerder, en dis nou juis daai olyfboompies wat ons lok om winter nieteenstaande, die Kaapse draai te vat.

Die Stanfordse beach babes vier altwee hul happy birthday dag, soos hulle sê, hierdie maand, Kara haar sesde en Mia haar vierde. Dan Parklands toe om te sien hoe lyk Mira Luna op twee en die pas aangekome bulkalfie, Liam Enso, nog vars op die rak.

Wat is ‘n oupa en ouma dan wat nie allerhande bederfgoeterjies saamneem as daar gekuier word nie, veral so met die verjaardae saam. So bevind ek en Vroukie ons verlede Saterdag hier in onse dorp se winkels. Ons soek die lekker kinderplekke uit, Crazy Store. ‘n kunswinkel, ‘n nuwe boekwinkel, die ander Indiër se materiaalwinkel. Ons koop feëtjie-en kabouterbeeldjies vir die beach babes se fairy garden, vir elkeen ‘n handvol krale om hul eie neklis te ryg, Die Nuwe Kinderverseboek, streepsuikerkouse vir die winter, en by die Indiër skelpienk, amper sê ek koeliepienk, netterige materiaal wat Vroukie op hierdie oomblik besig is om in tutu’s te omskep vir die fancy dress wêreld waarin die twee so maklik in verdwyn. (ook het die kleuterskool op Stanford begin met balletklasse vir die kleintjies). Wat ons nie gekoop het nie is Barbie dolls en acoutrement, dis res non grata in daai huishouding. Vir die Parklanders is daar ook kleurvolle klere en kombersies, ‘n geel tutu vir Mia Luna,  opwipboekies en ‘n Major for Minors cd vir Liam (nie oor dit subliminaal opvoedkundig is nie, maar omdat dit op ‘n special was). Nou loop ons so oopoë vir allerhande dingetjies wat die vier sal vermaak.
Skoon kens.
En eintlik is dit ons wat die meeste opgewonde raak as ons iets raaksien wat na ons mening die outjies se hartjies sal bly maak.  Skoon kens.

30 thoughts on “Kaapse draai”

  1. Naand LMEk hou ook daarvan om mensies se hartjies bly te maak, maar ek kan myse self nie eers meer bly maak nie, dis erg nê!!

  2. Ag jinne dis te lekker … (nie kens nie)… my kleingoed word ook bederf wanneer ouma hulle sien so ……. geniet dit sommer baie en mooi ry die weer is maar goor daar ani Kaapse kant sien ek!!!!:>)))

  3. Mens moet ‘n droom hê, Paljas. Onse skoonseun is na sy studies Kaap toe met ‘n faktap studente tjor en al sy besittings daarin, al wat agter gebly het was sy liefde! darem had die storie ‘n gelukkige einde.

  4. Ons luister nou nog Majors for Minors – hy gaan sooooo lekker slaap met daai musiek! Lekker kuier met die kiddies – jy kan altyd probeer om ‘n surfer dude te wees as jy saam met die beach babes uithang.

Leave a reply to pasella Cancel reply