So hier is ek terug uit die Kaap, gatvol gery maar dankbaar om veilig tuis te wees. Huis en haard en hond ongeskonde. ‘n Dag by die werk agter die rug, die eerste peperwoorde vroeg – vroeg al geprewel. Die kuier was lekker, gaaf om die jongste kleinkind in lewende lywe te sien. Mooi outjie, lyk nes sy oupa! More sal ek meer vertel van my wedervaringe daar in die land van die Visvoete, vanaand is my go uit, vroeg kooi toe. Vroukie het ‘n lekker karmenaadjie saamgebring, die oermoeder van alle verkoues, kan maar net hoop ek kry nie ook ‘n porsie daarvan nie.
Welkom terug, Lewies!
Goed gaan, Lewies!
Hallo Therina! Was lekker daar in jou wêreld!
Dankie Kelkie!
Symste daar, Berwick!
Welkom terug
Oos Wes Tuis Bes…
Lekker om by die huis te kom en alles is nog OK. Jy meen die laaitie lyk soos jy … nice een …
hmm, sjerrie, lekker lekker. Veilig vry lewies, moenie staan en siek word nie!