Die moeilikheid met Lewies

 

Vanoggend se morestond had voorwaar goud in die mond. Lekker naweek wat voorlê, die weerman sê 18 grade hier in Klerksdorp, amper ‘n hittegolf na die week se bibberkoue. Ek en Vroukie brekfis lekker in die nuwe Wimpy hier naby ons. Ons kyk mekaar so diep in die oë oor die bacon en sunny side up eiers. Ons gesels oor ons kinders, ons kleinkinders, ons aftreeplanne. Selfs dit lyk nie meer so skrikaanjaend in ons gemoedelike gemeensaamheid nie. Ons gelukkige en tevrede samesyn is die perfekte voorspel (!) vir die res van ‘n heuglike naweek.

Dis voor die moeilikheid begin het.

Ons loop hand aan hand kar toe. Ek is seker die verbygangers kan ons huweliksgeluk aanvoel-twee mense op pad na die senior jare, nog steeds handjiesvashouerig. Ek laai Vroukie by Salon du Maison de Phillipe et Michael af, ons soengroet soos in Casablanca. Ek onderdruk ‘n jeugdige drang om die taaiers te laat tjank toe ek wegtrek.

So ‘n uur of wat later bel sy. Salon du Maison de Phillipe et Michael het sy werk gedoen, ek kan haar kom haal. Op pad daarheen besef ek ek sal nou gepaste geluide van bewondering moet maak. Nee maar dis reg, ek kan dit doen, ek is goed daarmee, ek het dit al baie gedoen. Ek kan oe en aa as dit moet.

Daar staan sy, die hare kreatief gerangskik in ‘n nuwe styl, blink en styf gespuit. As ek maar net haar gesiguitdrukking en lyftaal gelees het.

“ My hene Vroukie” sê ek uitgelate, “ Jy lyk nou mos nes Mevrou Dominee by die Nederduits Gereformeerde Sinode Bal, all dressed up and no place to go! Ek dog jy gaan na Salon de wat en de wat toe, nou sien ek jy was by Creative Hair!”

Vroukie se lippies trek so ‘n dun streep in haar gelaat. Sy gee my ‘n kyk wat die ryp op die Vrystaatse grasvlaktes sal laat smelt. “Baie bliep snaaks” sê sy. “Jy is ‘n regte grapgat vandag. Kyk hoe lyk my blerrie hare, en nou maak jy nog bliepen grappies daaroor!’

Dis waar die moeilikheid begin het.

En dis blerrie koud so alleen in die hartjie van die winter.

17 thoughts on “Die moeilikheid met Lewies”

  1. Hey Lewies, het vroulief al afgekoel ? ek bedoel .. kon jy al intussen daarin slaag om haar hart te verwarm ?

  2. lewies, dagsê ou vrind, ja , het nou met my trippie in jhb boekie van gert vlok nel gekry by leon, en ook sy cd gekoop. ek hou van sy eenwees met sy herkoms, en ‘ons’ mense van daai wêreld

  3. Ek is seker sy kan nie te lank vir ‘n ou soos jy kwaad wees nie!Voorspoed met die koue daar alleen in die hartjie van die winter!

  4. Ek geniet hom ook Pruim, het nie die boekie nie maar ken dit. Vreemd dat die ou so obskuur is .

  5. Hi Lou! Ek sal moet plan maak, dis bleddie koud hier na gister se mooi weer (ook figuurlik gesproke!)

  6. Lol,.. die goue reel Lewies,.. die goue reel,.. ALLE STELLING moet voorafgegaan word met die,.. “hello Liefie, hie voel jy”, die antwoord daarop is standaard,.. “wat bedoel jy” en teen daai tyd het jy die staus Quo reeds opgesom,.. maar moet net nie my raad aanvaar nie asseblief! ek is al 5 jaar alleen!Baie dankie vir die inloer daar by my!

  7. Shucks Liewies ‘n man kan ook nie wen nie! Gee maar blomme en sê jy is jammer en dat jy dit opreg bedoel het!Dankie vir jou inloer!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s