Vanogged toe ek opstaan, hoor ek die Barracuda in die swembad klaaglik gor. Ek is nie lus om te help nie, want dis ysig koud in die helder maanlig. Maar ek moet, anders kan die motor skade opdoen. Dit voel of ek my hande in yswater insteek, en na ‘n ruk is die probleem opgelos. Met die terugkom slag na die slaapkamer toe is Vroukie reeds besig om aan te trek. Sy staan met haar rug na my en hop op die regterbeen terwyl sy skop-skop met die linkerbeen om haar voet deur die broekspyp te kry. Sy is totaal onbewus van my, en dadelik identifiseer ek ‘n geleentheid vir vrolikheid. Ek sluip vinnig nader en met een beweging steek ek my koue hande onder haar bloes in en vat haar so lekker vas, net hier onder die kortrib, terwyl ek hartlik in haar oor gil: “Surpraais!”.
Voordat jy kan sê “Drie…vyf…vier…nege!” rank Vroukie met plofkrag wat ou Victor Matfield haar sal beny boontoe. So in die sprong draai sy om, a la Jackie Chan in een of ander cheap karate-movie. Sy vat grond soos ‘n katwyfie wat gevaar sien, hare op die rug gerys, stert gepof, naels uit, die vlymskerp tande snouend ontbloot. Dan kom die peperwoorde—dit rol alfabeties oor haar lieflike lippe, sinonieme, antonieme, homonieme, keurige, kragtige krutaal. Ek staan verwonderd. Fok, Vroukie, waar leer jy die woorde?, dink ek afgunstig. Ek ken dit nie eens nie! Vir ‘n oomblik oorweeg ek om ‘n spitsvondige vergelyking te maak tussen die spoed waarmee haar adrenalien inskop en die brandstofinspuitnig van ‘n resieskar, maar dan skakel my oerbrein waarskuwend aan met ‘n bokspringende sinaps: “Lewies, jy het kak, groot kak, moenie nog meer maak nie”.
Te midde hiervan gee Pamela die werfhond ‘n tjank en sluip met die stert tussen die bene uit die kamer uit—haar chassis sleep op die grond en toe sy by die deur uitgaan, kyk sy om met sulke Pluto oë.
Dis weer ‘n kil naweek wat voorlê. koud en troosteloos soos die witgerypde kruis op die graf van ‘n gevalle Engelse soldaat daar in die Tugelavallei.
Toe ek by die werk kom, brand die straatligte nog.
ek dink laai die komberse
o hahahaha!!Dis kostelik!!hahahahaha!
Dis een manier om uit te vind wat in vroukie se onderbewuste aangaan!
jy sal moet opmaak … op jou special manier… jy laat my giggel…
Puik! :-))
LOL Heerder ek het nou lekker gelag! Shame Lewies nou moet jy alweer opmaak….maar dit gewoonlik die lekkerste.
Hallo Pruim!
Dagsê Lou!
Ja, Vroukie hou niks van skrik nie!
Hi Therina, dankie vir die dreigement van ‘n drukkie!
Hallo Flenters, hierdie was ‘n verrassingsaanval!
hi Elza, ek dink kreatief oor die opmaak!
Hallo Kelkie–dankie!
Hallo Tweeling, sal maar net moet sorg dat die hande warm is!
LMGA!!!!!Ai Lewies laat dink jy my nou aan Gogga (my man) wat so saggies kan loop, ek skrik amper elke keer my water ( ek heti meer melk nie) weg dan wil hy homself kraak want dis dan net ons 2 ini huis!!!!Opmaak is lekker!!!:>)))
As ek my vrou skrik maak doen sy ok so en el laaik dit niks. Daar’s ‘n koue soos in Siberia wat volg en dit hou nie sommer op nie.Sterkte en moenie weer so maak nie.groete
LOL!!! Jy wou mos!!Ek hoop dat die naweek darem lekker is!
haai Duiwelki, dis vir die opmaakslag wat Gogga jou so skrik maak!
Ja Boerseun, maar leer leer mens nie!
Hallo Pinky, ek sal maar probeer red wat te redde is!
lag ek nou so my baas dink ek is simpel!!!