My blog was een van die wat vermis geraak het met die oorgang na Lettertrash, maar nou is ek weer op vaste grond en aanlyn. Ek sukkel nog ietwat om my pad te vind op die nuwe terrein. Een van die nuwighede wat vir my kostelik is is die caveat by die kommentaarvenstertjie: Geen vuil taal. Oulik. Ek hoop dit stuit die trolle in hul spore, soos wat Jamiekagimmer maagwerk stop. Ek het nie vanaand iets om kwyt te raak nie, Sondagaand is nie my gunsteling tyd van die week nie. In die verte van die skemering hoor ek die swart hond tjank.
Vade retro, canis niger!
Toemaar, jy sal gou jou weg vind. Party goed is nog nie so lekker nie, maar ons kom so mor-mor reg. Ek begin selfs al weer soms glimlag. Gaan lees gerus wat ek te se het oor die “Geen vuil taal” …”Vuil taal Yea!” op my blog. Ek wil vir jou vertel, ek sou geswets het as my blog so lank soos joune weg was (en ek swets gewoonlik nie eintlik nie)!
En o, ek hoop die swart hond sluip stil-stil weg….
Red wat verlore gaan, soek die wat sterwe… Happy resurrection!
Oupa LJy het seker die skerpste kommentaar van alle mense op een van my blogs gelos … so biki vuil taal, maar ag wat … dis mos petrol vir my enjin!’lewies mymer 23 Jul 2009, 18:01 Fokkit, en ek was ‘n bottelbaba!’JAAG DAAI HOND >>> JAAG HOM!!!!!
Bly jy is uitgesort. Lettertrash – snaaks! :-))
Sondagaande is die tyd wat ek op my huis se stoep sit en na my huis verlang. Ek weet hoe jy voel. Sterkte.
Hi Joanna, ja wat, die bleddie brak lig net sy been en dan is hy weer weg!
Hallo Sanseveria, ek hoop al die verlore blogsiele is ook nou geredde!
Naand DsP! Daai tweeling het my geinspireer!
Hallo Ghaap!
Ons leopard crawl soos rowe, Flenters!
Hallo Thomas!
Naand Kobus! Of jy verlang na mense wat jy nie ken nie!
die naweek toe sien ek erens op ‘n spaanse site ‘n ou wie se icon ook hom op ‘n kakhuis is met ‘n boek of iets, toe dog ek by myself, nee wat ou perd, lewies was die original ……man oppie troon
LOL Lettertrash? Pasop vir daai taal storie!Lekker middag Lewies!
Hallo Pruim!Dis beskrywend van my verhouding met Vroukie, ek is maar altyd so half en half in die kak!
Hi Miesies Lee! Dis die bleddie taxis en die koue en die pyne by die werk en die…, ag wat, ‘n lekker swetswoord doen wondere om die bloedruk te stabiliseer!
Dankie Tweeling!
Hi Trouby!
Hi Therina, nee wat die blues sa moer. More is Dinsdag, my gunsteling dag van die week, dis die verste weg van Maandag!
Welkom terug, lewies!
Dankie Pinky!
Ek’s so bly jy is “gevind”!!!
Hallo Silly!
Welkom terug! Skop daai swart brak onder sy bek sodat hy ver wegbly van jou af. Weet ook nie hoekom hulle altyd wag vir ‘n Sondagaand om te kom tjank nie.
Hallo Perskepit! Bly om weer van jou te hoor!
Hallo Annemari, ja, die huis is stil, te stil! Mens kan seker nie jou brood aan altwee kante gebotter hê nie, en nog jêm op die koop toe verwag nie!