Kaapse weer in die Wes-Transvaal

‘n Regte Kaapse weer dag hier in onse wêreld. Lekker gereën, lekker koud, lekker snoesig in die huis. Vanoggend laat geslaap, (hmm, net geslaap, Lewies?), en daarna het ek en Vroukie by die Wimpy gaan brekfis. Daarna CNA toe, vir die blondes elkeen ‘n boekie gekoop, daar gaan mos ‘n pakkie Kaap toe,  hul ma verjaar.  Bertus soek ‘n boek, is die een se titel. Baie oulik, oor ‘n seuntjie se kennismaking met die biblioteek, ‘n pennevrug van Jaco Jacobs. Daai outjie se kreatiewe denke het nie einde nie, ek dink hy droom dag en nag stories. Die ander een oor ‘n skoolbesoek aan die dieretuin waar die anakaonda die kinders een vir een insluk. Ek wens ek kon die stories self aan die twee meisies voorlees, maar nou is dit hul ma se aangename taak. Ook ‘n draai gemaak by ‘n nuwe CD – winkel in die Mall, Phase 2, as ek reg onthou, en ‘n CD van Andre Rieu en een van Amici Forever gekoop. Nie te sleg nie, lekker musiek om in die kar na te luister, maar dis genoeg van die kunstenaars in my versameling. Ek was verbaas oor die versameling Afrikaanse musiek daar, en nie nie daai soort wat ‘n verleentheid vir die Afrikaner is nie. Ek moet erken ek ken die meeste daarvan nie, Spinnekop, Snotkop, Akkedis en so aan. Darem nie net Skud jou boude en daai soort stront nie.

Later vanmiddag sit ek so en lees op die blogs met Pamela die werfhond hier neffens my. Sy bewe soos ‘n opgesoepte Anglia, pure opwinding om te gaan stap. So gemaak, en die vars lug geniet na ‘n week se lugversorging in die kantoor. Ons het met ‘n blos op die wange by die huis gekom, net betyds om te sien hoe die Booke die All Blacks opfok. Vanaand is al die bokke my helde, nie heeltemal onvoorwaardelik nie–gee vir Fourie du Preez ‘n GPS sodat hy weet waar op die veld hy geposisioneer is sodat hy die bal vinniger kan laat loop, verbied Victor Matfield om aan die bal te raak behalwe in die lynstane.

Die plan is om more weer in Kroonstad te gaan kuier by Skoonpa wat sy 88 ste verjaardag vier. ‘n Merkwaardige mens, uitgespaar van amper al die mankemente van oud word. Sy kreatiewe denke het Vroukie soms in ‘n bui, maar ons besef dat dit een van die dinge is wat hom jonk van liggaam en gees hou. Sy nuutste is ‘n uitvindsel wat die strykyster heeltemal oorbodig sal maak, hy stryk met ‘n squeegee, daai apparaat wat eintlik ontwerp is om ruite, en veral die van ‘n kar, mee te was. So spaar hy krag, beweer hy. As die wasgoed na die strykslag nog nie behoorlik droog is nie, blas hy dit met ‘n haardroër. Die vrou wat hom in die huis help, self alin die sewentigs, moet nou hierdie uitvinding toepas. Ons hart gaan uit na haar.

Verskoon die tikfoute, die program is op overtype, en ek is nie nou lus om te soek hoe om dit te herstel nie.

Mag die res van die naweek vir julle almal vreugdevol wees!

13 thoughts on “Kaapse weer in die Wes-Transvaal”

  1. Oor die lekker lewe Lou, die operators het gepay, ons moet vinnig uitgee voor die geldeisers hul deel kom opeis!

  2. Hoop jy genoet Andre Rieu se CD. Ek’s gek oor sy musiek. Skoonpa klink na ‘n interessante ou man! Geniet hom.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s