“Die mhaan sjkyn sjo jeldiir vanhaaand!!” (hik!)
awhoehooeee !!!
“Sjarrap, Lewies, en maak sommer daai blerrie brak van jou ook stil! Jy is gesuip!”
“Eksj g’n gsju.. fesjuip nie. Ek het net een of twee whishh, een of twee whishkiekiesh gedrink. Hoe kan ek gesj..gesjuip weesj, hê? Vertel jy my dit hê!”
“Jy tel maar sleg Jy sit die heel aand daar voor die TV en gooi die een na die ander”
“Die TV isj in elk geval kak. Mensj moet drink om dit …om dit te geniet”
“Lyk my jy het dit baie geniet. Los nou jou slimpraatjies en gaan slaap. Maar jy moet my mooi verstaan: jy slaap nie met daai gesuipte lyf in my bed nie”
“Ek isj g’n gesjui…ek isj nie gesjuip nie. Ek sjlaap waar ek wil”
“Lewies, moet my nou nie de moer in maak nie. Jy slaap nie vanaand in my bed nie. Jy stink soos ‘n stasiekroeg !”
“Nou waar…nou waar moet ek dan sjlaap? Disj my huis die!”
“Die huis is groot. Vir my part kan jy saam met daai blerrie brak van jou gaan slaap”
“Die blerrie brak issj … isj ok al een wat oor my worrie in..in hierie huisj”
“Laat dit dan so wees, maar jy slaap nie vanaand langs my nie!”
“Fok Vroukie..”
“En moenie so lelik praat nie !”
“Ja maar jy isj nie…jy isj nie mooi met my nie”
“Gaan slaap! Ek redeneer nie met jou as jy gesuip is nie”
“Ek isj nie gesjui…besjuip nie!”
“Lewies!!”
“Ok Vroukie, ok”
O die drank, die vervloekte drank!
Aggeneee!!!Gaan dit by jou huis ook so?Giggelgiggel..
brannewyn heti brieke nie 😉
haai siestog Lewies! jy trek ook altyd aan die kortste ent ;D
As al die riviere vol brandewyn was. Wie wil dan, wie wil dan water he? hehehe
heheheh
Hoekom moet vrouens altyd ons wil moeilikheid gee as ons n doppie (in jou eie huis nogal, nie een of ander skommie kroeg nie) wil vat? Ons kla mos nie as hulle n teetjie wil drink nie?Dis erg dat n man so geboelie moet word!Innige simpatie, Oom!
Het die hond jou darem langs hom/haar laat slaap? My hond hou nie van ‘n drankasem nie …
En more gaan jy al weer laat wees … oor babelaasgeit
Hi Lou, by geleentheid!
Al die pad afdraand, Monica!
Is maar in my jeans, Trouby!
Daai brannewyn dam waar die lammers lam en die boerbokke boer vir die vale, Saro!
Therina, dis nou ‘n strikvraag. As ek sê dis ‘n storietjie, dink jy ek is ‘n liegbek, en as ek sê dis waar, dink jy ek is ‘n suiplap!
Hallo Feeks!
Sorry Murphy–dis my donker kant!
Net so Godfatha!
Hi Vuurklip, ja nee, my hond laaik nie daai vuurbek nie!
Ai Kelkie, drank verdra geen onreg nie!
LOL!! Ek hoop jy het ‘n hangover gehad, sodat jy nie weer sal nie, Lewies!!
SMILE!!!!
Hi Pinky, partykeer leer mens mos nie!
Hi Smile!
:-))
Hallo Thomas!
LOL!
Naand sê, DsP!
Hallo Flenters, darem genoeg tyd vir opmaak!
aijaijai…. tjt tjt…. so sali kerk-anties jou aanpraat Lewies… ek het altyd die verskoning gehoor…”my gestel is af en di 2 doppies het my geklap”
Goeie een daai, Elza!