Dubbel dosis

Vroukie is vandag nie so wel nie. Vanoggend toe sy opstaan voel sy naar, ongemaklik warm, erg duiselig en boonop met ‘n erge hoofpyn. Sy is nie een wat sommer by die huis bly as sy olik voel nie, maar vandag had sy nie veel oorreding nodig om maar weer in die kooi te klim nie. Sy was gister by die dokter wat medisyne voorgeskryf het vir osteoartritis, ‘n nuwigheid vir haar. Hy skryf toe twee soorte pille voor, Celebrex, 2 tablette saans, vir die osteoartritis en Tramacet, 1 tablet wanneer nodig, vir pyn. Die apteekster waarsku haar dat die Tramacet lomerigheid kan veroorsaak. Met dit in gedagte bekyk ons die medikasie, net om te vind dat die plakkers op die houers omgeruil is. So het sy in goeder trou ‘n dubbel dosis Tramacet gedrink. Ek vat dit toe terug na die apteek net vir bevestiging. Ja, dit is so, beken die  apteekster apologeties. Dit was baie besig met die dat amper die hele dorp onder die griep deurloop, die ander tak se rekenaars was af en kliënte van daar het na hier gekom. Ek het nie ‘n bohaai opgeskop nie, te verlig dat die oorsaak van Vroukie se mankement toegeskryf kan word aan die newe effekte van die Tramacet in oormaat. Sy het die heel dag gelê en het eers teen die middag opgestaan. Sy lyk nou beter, maar is nog ietwat pê. Hoop sy is more ok.

14 thoughts on “Dubbel dosis”

  1. Shame Lewies, ek dink dat dit uiters agterlosig was van die Apteker – besig of nie besig nie!!Ek hoop sy voel vinnig beter – sterkte!

  2. Thanks Berwick. Ek wou kommentaar lewer daar by jou oor Oppi Koppi maar Lettertrash sê so skattiglik dat die maanmannetjies of iets jou bladsy gesteel het.

  3. Mensig dit kan bollie maak as jy jouself oordoos met pille en dit is ‘n plakker probleem….hel hoekom klink die sin nie reg nie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s