“More morena”
“Agee Babba. Hoe gaan dit?”
“Dit gaan goed met my, dankie. Hoe gaan dit met jou?”
“Eeeh Babba”
“Maak asb vol”
“Moet ek die olie en water check?”
“Nee dankie, hulle is ok”
“En die tyres?”
“Nee dankie, hulle is ook ok”
“En die windshield, moet ek hom was?”
“Nee dankie, hy is ook ok. Maak net vol asb.”
“Leaded of unleaded?”
“Unleaded asb morena”
“Ninety three of ninety five?”
“Ninety five asb”
“Die ninety five is op, ons het net ninety three”
“Ok, dan ninety three”
“Ok Babba”
“Ke a leboga, morena”
“Eeeh, Babba”
Goodness, het nog nie daai een gehoor nie! Ek sal in die toekoms maar mooi kyk wat hy ingooi!
Ke tla o bona morena!
ai shame man! Wat verdien hulle deesdae? In 2000 was dit iets soos R8,00 ‘n uur? En help my reg, maar ek het nog nie gehoor dat hulle strike nie?
Glimlag ek nou…Myne het vanoggend so verloop:”En die bybiekie? Jy’t hom by die huis vergeet?”wys na die leΓ« babastoeltjie agter in my kar.Hy is gewoond as ek daar stop vir petrol is Kleinding by my in haar stoeltjie.
Lekker Lentedag vir jou…
Eeeh, Ntate Neander!
en die ouens werk dag en nag,winter en somer.
So leer hulle mens ken Minki Minki, hulle word deel van mens se ondersteuningsgroep!
dankie Zeppie, dit was!
so kom ons nader aan mekaar Murphy!
Tyres? 2bar,ok Nonnie!!!Elke maandag se ding!
Dan weet jy, Silly! (En elke Maandag is ‘n baie goeie gewoonte!)
Hallo Miesies Lee, en dankie!
Jy’s een van my gunstelinge hier.;)
Daar was ‘n briefie die week in ons lokale koerantjie, wat my nogal lekker laat lag het. Als was so tipiese oom Lewies se skryfstyl.Groot was my verbasing toe die brief afgesluit is met “Lewies…”Is dit net iets in die gene van ander Lewies’e, of word ons klein koerant ook in Potch afgelaai???
Ek gaan altyd na die een vulstasie toe waar die joggie my eendag gevra het of ek “lekker ruik petrol” soek. LRP.Het sommer net gehou van sy sin vir humor.
Een van Juffrou Lou se witbroodjies? ‘n Baie groot kompliment, komende van jou!!
Hulle praat van mens se ondersteuningnetwerk, Ghaap. Myne is die vrou by die drankwinkel om die draai wat my toelaat om op skuld te koop!
Hi Kerneels! Lekker as jy op my werf kom been lig! Nee, ek moet beken, ek is nie dieselle Lewies nie, seker familie van my voorgeslagte af!
Ai Oom … so nice een die … oorspronklik!
Myne ook LOUa!
Dis soos die omie wat die op-blaas-pop garage toe geneem het.Maak vol en die res versoek. As nagedagte ook gevra … ‘Pomp die Mies 2-bar asb.’
hallo DsP! En dankie vir die shiners! En ook vir die opmerking daar by Lou se kommentaar!