“ Hallo Abel. Hoe gaan dit met jou”
“ Eeeh, gaan goed Baas”
“Die tuin lyk mooi Abel. Ek sien sommer jy het hard gewerk vandag”
Abel pak sy tande uit.
“Het jy die dooie blomme in die bedding by die swembad uitgehaal?”
“Askies Baas?”
“Die dooie blomme daar by die swembad, het jy hom uitgehaal?”
“Eeeh Baas”
“En het jy die bedding omgespit?”
“Baas?”
“Die bedding, het jy hom omgespit”
“Eeh Baas.”
“Het jy eers mis gegooi?”
“Baas?’
“Die kak van die skaap, die masipa ya dinku, het jy dit gegooi!!? Matig geirriteerde stemtoon.
“Eeeh Baas”
“En het jy die bedding toe natgemaak?”
“Baas?”
“Die fokken bedding, het jy die fokken bedding toe natgemaak!!? Die metsi, jy het hom gegooi by die grond!!?” Erge geirriteerde stemtoon.
“Eeeh Baas”
Nou voel ek ietwat verleë omdat ek toegelaat het dat my irritasie bo toon voer.
“Dankie Abel.” Apologetiese stemtoon.
“Eeh Baas”
“Ons gaan vanjaar ‘n spoggerige tuin hê, Abel” Versoenend, amper gatkruiperig.
“Baas?”
!!!
Nee fok … lag ek nou lekker!
Ek het netnou die stuk gelees, maar my blog is te beffie om kommentare te plaas. Net die wiellietjie ding wat om en om en om en flippen om draai en draai.Hoop die een word geplaas.Uitstekend – soos gewoonlik!
Klink soos my dad en Phindile. My hare staan regop van irritasie as ek daai twee hoor aangaan…
LOL…uitstekend!
Iets klink bekend
daai bleddie wieletjie ding kan mens later hipnotiseer! Dankie vir die blinkertjies! Mag jy aangename Sondag beleef!
Hi DsP! Dankie vir die shiners!
Ons het mekaar al blink geslyp, Flenters!
Hallo Liekie, darem alles in goeie gees,glo ek!
sedert ou Jan in 1652 voet aan wal gesit het! Dankie vir die sterre!
Therinaaa, kom huis toe, die Kaap is leeg sohonder jou!Dankie vir die sterre!
Hi Pinky!
Hallo dinkweer!