Ja, ek het ‘n genoeglike dag beleef. Al die rugbyspanne wat ek ondersteun het gewen. Maar fokkit, Cheetahs, hoekom moet julle altyd wag tot op die nippertjie om die game te beklink! Jissie, en die Bokke! Knap gedaan!
So teen laatmiddag vat ek vir Pamela die werfhond vir ‘n stappie en ek sien die somer staan regop hier op ons voorstoep, die witstinkhoute glinster groen in die middagson, kinders speel kaalpoot in die strate en die braaivleisrook hang soos ‘n donderwolk oor ons woongebied.
Toe kyk ek so bietjie TV, Glitterati. Die eens skone en seksie Yvonne van den Bergh pronk soos die arm man se Edith Venter in so ‘n shabby gewaad wat dreig om haar tieties te ontnestel. “Kyk daai make up op haar wange” sê Vroukie. Maar daarvan kan ek nie getuig nie, ek kyk houtoog na daai regter tietie wat nou gaan uitpop. Voor daardie memorabele moment egter trek een of ander spoilsport die gewaad se waaghalsige hals in posisie net toe die kamera wyk.
Daarna volg ‘n inane bespreking deur twee skepsels van twyfelagtige geslag oor een of ander beuselagtigheid wat hulle so opwindend vind dat hulle klonterig in hul panties poep. Ek ween vir my taal. Ek ween vir my volk.
Die boere wat vrou soek kan egter iets hieruit leer. Die geanaliseer en geredeneer en gespekuleer of Sannie of Annie nou die een vir my is, vergeet daarvan, gaan vir die een met die grootste tieties, dan is jy immers seker van een ding!
Ek wonder ook oor die Cheetahs, gelukkig het die strafdrie gehelp.Die Bokke het ook weer teen 16 man gespeel. As hulle die strafskop ipv die skrum gevat het en Jean nie onderskep het nie, was ons in die tjoekie.Jaques F is uitgewys, maar nie die ou wat Bryan geskouer het nie. Dubbele standaarde geld steeds.John S het darem die ou wat hom geboorvat het terugbetaal.
“twee skepsels van twyfelagtige geslag…” Ek kon dit nie beter stel nie.Snaaks dat sulke mooi dames altyd omsingel is deur sulke twyfelagtige geslagtelose mense.
Dit help nie hulle is groot en druip die potloodtoets nie. My vriend Thys sê altyd meer as ‘n handvol is mors.
Papeslaai is skerp (giggel)Watse goed kyk jy op tv? Ek mis ook al die sports!
Bokker die TV oom, as jy mooi vrou wil kyk, loop daar by die kampus op Potch rond. Jy hoef nie te eet nie, maar daar’s ‘n nice menu om uit te kyk. Die TV is oppad ondertoe, ek kyk so min as moontlik.
Hi Retha, daai tyd saam met jou amper tiener is prima, geniet dit!
John Smit had ‘n moerse game, hy is die beste!
Hi Kerneels, ek dink mooi chicks voel veilig in die geselskap van sulke skepsels. Dankie vir jou kuier hier, ek waardeer altyd jou kommentaar!
Hulle sê More is less, maar in die geval vat ek nie kanse nie!
Jinne Lou, daai snert moet ‘n ouderdomsbeperking op hê!
Hi Boerseun! TV is moer toe, dis ‘n feit!
Hallo Therina!
LOL, Lewies…raar maar seker waar!!
hallo Pinky!
Braai tyd…onthou nou die 24ste…Nasionale Braaivleis dag.
LOL Liewies lekker stout.He,he klonterig in hul panties poep!)
Puik, Lewies!Don’t get me started on ‘Glitterati’.
haha Lewies, ja, soms piss die volk my af hoor. en watte klom lee koppe, daai soekende boere….
Die androgene tipe gedroggies is maar klonterrig ja,lol ;0)
Jis Murphy, ek wens ek het dit gesê!
Solank die Cheetas gewen het, is die naweek reg. cheers
En die stilte? Of wag. Laat ek raai. Die tannie hou oom besig, nou is oom weer laat met die blog.hehe
Hi Penkop, haha, ek beleef dit nie so nie!
Netso Boerseun!
Nee as sulke dinge gebeur blog ek daaroor, Kerneels! Nou maak jou eie afleiding, ek het niks om oor te blog nie!
Waar is jy, jong?
Nee Cin, net die twee anusse wat so snert gepraat het!