Abel gaan sellulêr (Lees saam met Abel strip my moer)

“Sorrie, Baas”

Ek ken die stemtoon en weet wat gaan volg. “Hoeveel?” wil ek vra, maar ek wil nie die ou se waardigheid krenk nie.

“Jis Abel, wat is die probleem?”

“Ek dink nou so, Baas, want die anner baas wil my bel by die cell phone”

“Nou watter baas is dit Abel?”

“Want dis die baas wat bly daar annerkant”

“Waar annerkant Abel?” Moedswillig.

“Daar annerkant by Doringkruin, by daai lang straat hy loop so” Abel beduie ‘n boog met die arm.

“Watter lang straat Abel, wat is sy naam?” Lekker moedswillig.

“Baas?” Sal jou leer, Lewies.

“Nee ok Abel, maak nie saak nie.Hoekom wil die baas jou bel?”

“Want hy sê hy het werk vir my, dan weet hy nie om my te kry nie”

“Nou hoe pas ek in die prentjie, Abel?” Weer moedswillig, ek weet goed hoe ek in die prentjie pas.

“Baas?”

Fokkit Abel, maar ek sê dit nie.

“Hoekom vertel jy dit vir my Abel?”

“Want ek het gedink Baas, as Baas elke dag R30 trek ek kan die cell phone koop.”

“Met ander woorde as jy tien keer gewerk het behoort jy genoeg te hê vir ‘n cell phone”

“Baas?”

“Jy wil die geld spaar?”Stadig en afgemete stemtoon.

“Nee Baas”

“Nou hoe dan Abel”

“Die Baas moet my die geld leen, dan trek die Baas elke keer R30”

“Met ander woorde jy wil die geld vooruit hê en dan werk jy die lening terug?”

“Baas?”

Effense bloeddruk styging. Koop vir hom ‘n bleddie selfoon Lewies!

“Ok Abel, ek sal vir jou ‘n selfoon koop dan werk jy die geld terug”

“Want ek sê dankie. Ek is vrede. Die baas help my altyd”

“Dis reg so Abel. Ons help mekaar. Ek sal die cell phone Vrydag vir jou gee. Ka Labotlhano.”

“Eeeh Baas”

Ek koop toe vir Abel ‘n selfoon.

“Abel, weet jy hoe werk die selfoon?”

“Ja Baas, ek ken”

“Mooi, maar kom ek wys jou net in geval, en dan sit ek my nommer op”.

 Dit gaan moeilik want Abel is nie geletterd nie, ek weet nie wat maak hy van die syfers uit nie. Ewenwel.

Vrydagnag 12:00 “Smoke on the whaate, an fire in the skaai” My ringtone. Dis ‘n generiese SMS “Call you later, I’m busy now”, komende van Abel.

So gaan dit deur die nag. Ek sit later die selfoon af. Lyk my Abel het so vyf uur gaan slaap. So gaan dit deur die Saterdag, Saterdagnag, Sondag. Abel geniet die cell phone. Ek probeer hom bel maar hy antwoord nie.

Dinsdag kom hy weer werk.

“Abel, wat sukkel jy so met die cell phone?”

“Ek sukkel nie Baas, ek ken hom”

“Nou vir wat stuur jy my so baie SMSe?”

“Baas?”

“Hoekom bel jy my so baie?”

“Ek bel nie Baas”

“Ok dan, kom ons kyk weer, laat ek sien wat jy onthou”

Abel onthou fokol, die les word herhaal.

Geniepsig stel ek die alarm op drie uur in die oggend.

Vrydag is Abel weer by die werk.

“Hoe gaan dit met die cell phone Abel?”

“Hy is stukkend Baas. Hy bel by die nag, elke nag. Ek kan hom nie afswitch nie, hy pla my by die nag, ek kan nie slaap nie”

“Ok Abel, gee hom laat ek kyk”

“Kan nie Baas, ek het hom verkoop, ek soek nie die stukkende cell phone nie”

 (Verskoon die kakkerige teksuitleg, dis te danke aan “ons splinternuwe teksredigeerder wat baie probleme sal oplos. If it ain’t broke don’t fix it!)

Advertisements

24 thoughts on “Abel gaan sellulêr (Lees saam met Abel strip my moer)”

  1. Is maar swaar as die jare mens se menswaardigheid so stukkie vir stukkie wegbeitel, Annemari. Mens neem jou voor jy sal nie so word nie, maar die ouderdom laat hom nie voorskryf nie.

  2. Hehehe. Dis vir my altyd snaaks as hulle by my kom by die werk, en ek vra ‘n selfoon nommer, hoe daar eers iemand gebel word om te hoor wat sy nommer is, want hy bel mos nie homself nie.Lekker gelees.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s